KULTUURDAGBOEK 11 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
'n Groepie Afirkaanssprekende posamptenare het op hierdie dag in Pretoria byeengekom om 'n organisasise te stig wat hom sou beywer vir die uitbou van die Afrikanerkultuur onder posamptenare. Weldrae is die gedagte verder uitgedra en is die een na die ander tak gestig sodat feitlik alle poskantore mettertyd by 'n plaaslike tak betrek was.
Die bond het berus op 'n Afrikaans-Christelike grondslag en hom beywer veral vir die gebruik van suiwer Afrikaans binne sowel as buite die poswese, die bevordering van die Afrikaanse kuns en kultuur, en om 'n goeie gees van samehorigheid onder sy lede aan te wakker.
Die ATKB het nie alleen getrou aan sy doelstellings gebly nie maar ook deur sy wye verskeidenheid van aktiwiteite diep spore op die Afrikaanse kultuurterrein getrap.
'n Besondere hoogtepunt was ongetwyfeld sy noue verbintenis met die oprigting van die Afrikaanse Taalmonument, waarvan die ATKB die geldinsameling geadministreer, die sekretariaat van die Afrikaanse Taalmonumentkomitee behartig en op landwye basis plaaslike taalfeeste gereël het.
Vanaf 1978 het die ATKB 'n koorkompetisie vir hoërskoolkore met 'n eindkonsert genaamd APPLOUS,gereël.