1917: 1e VIERING VAN AFRIKANERDAG

KULTUURDAGBOEK 10 NOVEMBER

Lees volledig by Kultuurdagboek

Ná die Rebellie van 1914 het hoë bedrae aan eise, boetes en hofkostes teen die rebelle opgebou, veral in die Vrystaat waar ook genl CR de Wet onder diegene was wat verhoor en swaar boetes en tronkstraf opgelê is. Vrystaters het groot bedrae ingesamel om vir die genoemde doel te gebruik maar teen Julie 1917 was daar in dié provinsie en in Transvaal nog R220 000 nodig.

Hierna is die insamelingsveldtog landwyd verder gevoer in 'n grootse Helpmekaar-inspanning om Afrikaners van verarming te red.

In Kaapland is die Helpmekaarvereniging ingespan, en deur middel van oproepe veral in Die Burger is hierdie datum bepaal as mikpunt vir die verkryging van die beoogde bedrag.

Op 30 Augustus het Die Burger gepleit dat van hierdie dag gemaak moet word "Onze Grote Afrikanerdag". Die reaksie was so oorweldigend dat toe hierdie Helpmekaardag verby was, nie net die R220 000 verkry is nie maar daar 'n oorskot van R120 000 was – geld wat later in die Helpmekaar-Studiefonds geplaas en gebruik is om jong mense verder te laat studeer.