1899: SLAG BY MODDERSPRUIT

KULTUURDAGBOEK 30 OKTOBER

Lees volledig by Kultuurdagboek

In die Tweede Vryheidsoorlog het die Boere probeer om die Engelse garnisoen by Ladysmith te isoleer. Die Engelse aanvoerder, genl White, was bewus van die Boere wat rondom die dorp stelling ingeneem het, en in die nag van 29 Oktober het hy probeer om die Boere te omsingel ten einde 'n verrassingsaanval die volgende oggend uit te voer.

Dit het uitgeloop op die Slag by Modderspruit, waarin die Boere onder genl Joubert die Engelse 'n nederlaag toegedien het, hoofsaaklik as gevolg van swak kommunikasie van die kant van die Engelse. Daarby was daar 'n gaping in genl White se aanval wat die Boere goed gebruik het terwyl die swaargeskut waarmee hulle bestook is, ook vir die Engelse 'n verrassing was.