Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 6 OKTOBER
Die Erepenning vir Volksdiens, die FAK se hoogste eretoekenning , is op hierdie dag ingestel op grond van 'n besluit van die Afrikaanse Nasionale Kultuurraad, wat in daardie jare in die FAK-struktuur besluite van die aard kon neem.
Met die Erepenning het die FAK op waardige wyse waardering en erkentlikheid teenoor mense of liggame wat "verdienstelike werk op die gebied van kultuurorganisasise en praktiese volksdiens gelewer het" betoon.
Die toekenning is in die vorm van 'n vergulde penning met die FAK-wapen aan die een kant en 'n paslike inskripsie aan die ander kant ontwerp.
Die FAK het baie hoƫ eise vir die toekenning gestel, en sedert die instelling daarvan is die Erepenning in die eerste twintig jaar van sy bestaan soos volg toegeken:
1957 Dr DF Malan
1961 Dr SH Pellisier
1962 Kmdt CA van Niekerk
1964 Staatspresident CR Swart
1965 Mev ME Rothman
1966 Mnr IM Lombard
1968 Prof DF Malherbe
1970 Prof HB Thom
1971 Dr PJ Meyer
1974 Mev MM Jansen
1977 Dr MS Louw