KULTUURDAGBOEK 21 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Kommandeur Jan van Riebeeck het in sy pogings om die verversingspos aan die Kaap te vestig onder meer aan die NOIK se Kamer van Sewentien voorgestel dat grootskeepse walvisvangery aangepak word.
Op 21 Augustus 1655 laat die Kamer egter aan Van Riebeeck weet dat die voorstel oorweeg is maar "ons meen dat ons niks meer winsgewend vir die Kompanjie aan die Kaap kan vind nie as die insameling van robvelle wat die uitgawes voldoende sal bestry.
U voorstel om die grootskaapse walvisvangery te stig sal net 'n bykomende koste beteken en ons raai u aan om dit alleen te laat en liewers u aandag aan meer dringende sake te bestee."
Van Riebeeck het ook teenkanting van sy "Meesters" ondervind om sy mannekrag van 50 tot 163 uit te brei, veral met die oog op die fortbouery. Hulle het net honderd aan hom toegestaan, omdat hy "moet onthou dat die koste op 'n minimum gehou moet word."