KULTUURDAGBOEK 20 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Uitlanders se baie griewe het uitgeloop op die totstandkoming van vyandige politieke organisasies wat hulle belange behartig het. So is daar in 1890 'n politieke beweging onder die naam "Political Reform Association" gestig. Dit het egter later doodgeloop.
Op 20 Augustus 1892 is daar toe onder voorsitterskap van J Tudhope 'n groot Uitlandervergadering in Johannesburg gehou. By hierdie geleentheid is die Afrikaner-vyandige "Transvaal National Union" gestig.
Die verklaarde sogenaamde doel van die organisasies was: die handhawing van die onafhanklikheid van die Republiek, die verkryging van gelyke regte langs konstitusionele weë en die bevrediging van alle griewe – alles maar 'n skuiwergat: Hierdie politieke beweging was baie giftig teenoor die Afrikaner en pres Kruger; en sy eintlike oogmerk was die vernietiging van die Republiek.