Ds.André van den Berg
Lees reeks by Waar kom swartes vandaan?
DIE LAND KUS
Die land Kus was aanvanklik suid van Egipte en nie waar die huidige Ethiopië vandag is nie. Die Egiptenare het dit Nubië genoem en die meeste van hul slawe daarvandaan gekry. Die eerste land wat Kus genoem is, het skynbaar aan Arabiese gebied gegrens. In 2 Kron.21:16 lees ons:“….en van die Arabiere wat langsaan die Kusiete is”.
Waar was hierdie land presies? Teen 2000 vC was Kus as die gebied tussen die tweede en derde Nylwatervalle bekend. Die dorp Siëne (vandag se Aswan) was destyds die noordelike grens daarvan. Die suidelike grens het heelwaarskynlik baie ver suid gestrek.
In sy kommentaar op Genesis skryf Calvyn dat Kus die prins van die Ethiopiërs was. Eusebius, biskop van Cesarea wat oor die kerkvader Origenes se goedversorgde biblioteek beskik het, verwys na Kus as die stamvader van die Ethiopiërs. So ook Josephus. Epiphanius, biskop van Salamis, noem hom Kus, die Ethiopiër.
Waarom het die nageslag van Kus na Afrika verhuis? Kon dit dalk as gevolg van die spraakver-warring wees of is hulle miskien deur Sem en Jafet se nageslagte daarheen verdryf? Josephus sê dat dit die spraakverwarring was. Hy meld dat die kinders van Gam na Sirië, Libanon en dele van Noord-Afrika versprei het. Die Grieke het na Gam se nageslag as die Kissioi verwys d.w.s mense van Kus.
Die Kusiete was ‘n getalryke nasie. In 2 Kron.14 word van Serag, ‘n Kusietiese koning, gesê dat hy met ‘n leër van 1 miljoen krygers teen Juda opgetrek het. Die bedreiging wat hierdie swart horde vir die Bondsvolk ingehou het, is nie onderskat nie. In vers 11 lees ons: “En Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: Here, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, Here onse God, want op U steun ons, en in U Naam het ons teen hierdie menigte gekom…”. In verse 12 en 13 verhoor God sy gebed: “ En die Here het die Kusiete voor Asa en Juda verslaan, en die Kusiete het gevlug…en van die Kusiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie, want hulle was gebreek voor die aangesig van die Here”. ( Dit sou nie die enigste keer wees dat ‘n heidenhorde die aftog teen ‘n gelowige minderheid blaas nie. Op 16 Desember 1838 het dieselfde ding te Bloedrivier gebeur).
Teen ongeveer 700vC het Egipte en Ethiopië onder Tirhaka, die koning van Ethiopië staatkundig verenig (Jes.37:9 en Nah.3:9). Dit het 40 jaar lank gehou waarna die trone weer geskei het (Eseg.30:4,5 en 9).
In 1887 is 377 briewe op kleitablette uit die koninklike argiewe van koning Amenhotep 111 by Tel-el-Amarna in Egipte ontdek. Hieruit blyk dat Kusietiese huursoldate teen ongeveer 900 vC in die Egiptiese leër opgeneem is in ‘n tyd toe Israel vir ‘n kort rukkie aan Egipte onderwerp is.
‘n Sekere Abdu-Heba, die Egiptiese bevelvoerder in Jerusalem, kla in een van die briewe by die koning dat sy swart soldate een nag by sy huis ingebreek en hom byna vermoor het. Verder kla hy oor hulle gebrek aan dissipline en selfrespek en spreek sy kommer uit dat hulle die beskikbare rantsoene heeltemal te vinnig verorber. Ja, niks is nuut nie!
Kus was as ‘n land van swartes. In Jer.13:23 vra die profeet: “Kan ‘n Kusiet sy vel verander of ‘n luiperd sy vlekke?”. Die Bybel maak ook van Kusietiese diensknegte melding. In 2 Kron.18:21 gee Joab ‘n Kusiet opdrag om die boodskap van Absalom se dood aan Dawid oor te dra. Alvorens hy vertrek, buig hy eers eerbiedig voor Joab. In Jer.38 lees ons van Ebed-Meleg, ‘n Kusietiese dienskneg in diens van koning Sedekia.