WAAR KOM SWARTES VANDAAN? (4)

Ds.André van den Berg

Lees reeks by Waar kom swartes vandaan?

DIE TORING VAN BABEL

Nimrod het ‘n duidelike doel met hierdie magsonderwerping gehad.  Hy wou die onderskeie mensegroepe op aarde in ‘n eenheid onder hom verenig.  Na die sondvloed het Noag en sy mense ‘n nuwe lewe tegmoet gegaan.  In Gen.9:1 lees ons:  “En God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde”.  Ons aanvaar dat die mensdom onder die seënende hand van God aansienlik vermeerder het.  Twee geslagte later begin ‘n vreemde ding onder mense kop uitsteek - in plaas van uit te beweeg in die landsgebiede wat God bepaal het, het Nimrod mense begin saamtrek ten einde sy mag en gesag te sentraliseer.

Na die vloed het mense hulle veral in die Mesopotamië gaan vestig omdat dit ‘n vrugbare landstreek was.   Nie lank hierna nie het Nimrod op die toneel verskyn.   Diodorus Siculus meld dat toe Nimrod die bewoners van daardie streek aan sy mag onderwerp het, hy die stad Babel as setel van sy ryk aangelê het.  In Gen.11:3,4 lees ons: “Daarop sê hulle vir mekaar: Kom, laat ons stene vorm en dit goed brand.  Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei. En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie”.

Ons weet nie hoe lank Nimrod aan hierdie stad en toring gebou het nie.  Al wat ons weet, is dat hy daarmee teen God in opstand gekom het.  God het aan die mens gesê: “Versprei!” Nimrod sê: “Ons sal nie! Ons sal by mekaar bly!”  In stryd met God se opdrag in Gen.9:1 het Nimrod hom vir gesamentlike mag beywer.  So het Babel dan die setel van Nimrod se magsmisbruik geword waarna hy die gebied van Assirië tot by Libië verower het.

God het geweet dat die mense van Babel oor uitsonderlike vermoëns beskik het.  In Gen.11:6 lees ons: “En die Here sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal!  En dit is net die begin van van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie”.  ‘n Verdere rede vir Nimrod se oorlogsukses was kommunikasie.  Daar was op daardie stadium slegs een taal.  Boodskappe kon dus oral en deur almal verstaan word.

Met een magtige ingrype het God egter hul bose strewe van ‘n globale mense-eenheid beëindig en verhoed dat die mens sy eie sisteem in die plek van God s’n plaas.  Die daaropvolgende taalverwarring het mense toe uitmekaar laat spat soos God dit oorspronklik verorden het. Die mens wik, maar God beskik!

Hoe lank hierdie onvoltooide toring bly staan het, weet ons nie.  In 460vC het die geskiedskrywer Herodotus die oorblyfsels van hierdie toring, wat toe al meer as 2000 jaar oud was, persoonlik gaan besigtig.  Hy skryf dat dit in sy vervalle toestand nog steeds ongeveer 95 meter hoog was.

Alexander die Grote wou skynbaar die toring herbou, maar is oorlede alvorens hy daarmee kon begin. Hierdie toring is glo deur die eeue heen deur die plaaslike bevolking vir boumateriaal afgebreek.  Al wat glo vandag daarvan oor is, is ‘n onaansienlike krater vol water.

God het deur ‘n magtige ingryp ‘n einde aan die mens se bose strewe gemaak.  Eers in die 20ste eeu nC sou die mens dit wat destyds met die bou van die toring van Babel beoog is, hervat nl.die sentralisering van mag onder ‘n eenwêreld-regering.