WAAR KOM SWARTES VANDAAN? (3)

Ds.André van den Berg

Lees reeks by Waar kom swartes vandaan?

NIMROD

"Alexander Hislop sê iets belangrik in sy meesterwerk The Two Babylons.  Op bladsy 34 skryf hy: “Now Nimrod, as the son of Cush, was black, in other words, was a Negro”. Argeologiese opgrawings het dit jare gelede al bevestig. "

Dit bring ons by Nimrod van wie Gen.10:8 sê dat hy begin het om ‘n geweldenaar op aarde te wees. Wie was hierdie geweldenaar?  Hy was die seun van Kus.  Gam was dus sy oupa en Noag sy oupagrootjie.  Nimrod was die eerste mens op die aarde wat homself die titel van koning aangematig het. Hy was die simbool van opstand teen God en derhalwe ‘n tipe van Satan.

Nimrod is deur die heidene as ‘n godheid vereer.  Hy het in Babilonië geleef waar hy etlike stede waarvan Nineve die bekendste was, opgerig het. Hy moes uitsonderlik groot gewees het.  Die Griekse vertaling van die OT verwys na hom as Nimrod die reus.  Tydens opgrawings in die ou Nineve is inskripsies gevind wat Nimrod as ‘n man voorstel wat ‘n bul kaalhandig doodmaak en sy horings as oorwinningstrofee op sy eie kop plaas.

Nimrod was die eerste koning waarvan die geskiedenis ons vertel en het hom as ‘n uitmuntende krygsman onderskei.  Volgens alle aanduidings was hy die die leier van ‘n groep baie sterk en groot manne wat teen God rebelleer het.  Gen.6:4 “In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna...  die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam”

Van Nimrod word gesê dat hy ‘n uitsonderlik bekwame jagter was. In daardie tyd het roofdiere vinniger as mense vermeerder en mense begin aanval.  Ex.23:29 meld iets van hierdie gevaar as God ‘n belofte aan Israel maak met die woorde: “Ek sal…dat die land nie woes word en die ongediertes nie teen jou te veel word nie”.  Nimrod was genoodsaak om iets aan hierdie lewensbedreiging te doen en het op ‘n georganiseerde wyse hierdie roofdiere van kant begin maak. Sy legendariese jagprestasies was derhalwe eerder uit noodweer as uit jaglus gebore.

Die naam Nimrod verdien aandag.  Dis van twee woorde afgelei.  Nim wat luiperd beteken en rod wat onderwerper beteken. Nimrod beteken dus onderwerper van die luiperd.  Waar kom hy aan hierdie naam?   Was dit profeties of het hy dit as ‘n erenaam ontvang?   Nimrod was heelwaarskynlik eers onder ‘n ander naam bekend waarna sy onderdane hom uit dankbaarheid vir hul lewensbeveiliging onderwerper van die luiperd genoem het.

Sy jaggeselskappe was goed opgelei en lojaal; iets wat Nimrod aansienlike mag besorg het. Ongelukkig het Nimrod mense nie net van die vrees vir ongediertes verlos nie, maar ook van die vrees vir God.  Argeologiese opgrawings lewer voldoende bewys dat Nimrod mense van die ware geloof van hul voorvaders afstand laat doen het.  Hoe mense, in wie se geheue die kennis van die sondvloed nog vars was, hulle op so ‘n dwaalweg kon begewe, is moeilik om te begryp.  Desnieteenstaande is Nimrod as ‘n tipe van verlosser vereer.

In sy kommentaar op Genesis, skryf Calvyn dat Nimrod ‘n hooghartige mens was wat homself bo ander verhef het.  Die mense van sy tyd was baie gematig en alhoewel sommige voortrefliker as ander was, is niemand oorheers nie.  Hulle het eerder gesag as mag gehad en het met behulp van burgerlike wette die nodige onderlinge orde gehandhaaf.

Uit Genesis kan ons aflei dat Nimrod homself nie as maar net nog ‘n mens onder baie ander wou sien nie.  Hy was eersugtig en het derhalwe groter eer vir homself opgeëis.  Daar was talle ander voortreflikes soos bv Noag, sy oupagrootjie, wat op daardie stadium nog geleef en deur die mense eerbiedig is. Onthou, die Bybel meld dat Noag nog vir 350 jaar na die vloed geleef het en dus 950 jaar oud geword het.

Nimrod was die eerste mens wat ‘n georganiseerde, mensbeheerde staat in werking gestel het.  Daarmee het die wêreld ‘n nuwe fase betree.  Hy was die eerste kryger wat ‘n kroon op sy kop gesit het; iets wat daarna dikwels weer gebeur het; veral in Afrika. Afrika het bv.al meer as 100 militêre staatsgrepe sedert sy onafhanklikheidswording beleef.

Nimrod se heerskappy het ‘n fase ingelei wat deur ‘n verhouding tussen heerser en onderworpenes gekenmerk sou word.  Die gesag van vorige gemeenskapsleiers het op bloedverwantskap berus.  Mense het na ouer familielede geluister soos kinders na hul ouers. Nimrod se koningskap het ‘n einde hieraan gemaak.  Hý was nou die heerser. Familie- of persoonlike bande het nie meer gegeld nie.

Voorheen was daar stamme en hierdie stamme was niks anders as vergrote families nie.  Nimrod het almal in ‘n politieke gemeenskap ingetrek wat die staat genoem is.  Gevolglik het die staat as gevolg van geloofsversaking ontstaan.  Indien mense die twee groot gebooie wat Jesus in Matt.22 gee, kon onderhou, sou ‘n staat nie nodig gewees het nie omdat dit onnodig sou wees om menslike gesag uit te oefen.  God sou die Alleenheerser en alle mense ewe veel aan Hom onderworpe wees.

Voor Nimrod se koningskap was daar wel ‘n samelewingsorde wat die vorm van ‘n gemeenskap aangeneem het waarbinne enkelinge sekere vooregte geniet het.  Binne hierdie gemeenskap is hulle eiendom bv.beskerm.   Toe geloofsafvalligheid egter begin toeneem het mense van God afvallig geword waarna die koningsgedagte posgevat soos deur Nimrod beliggaam.

Dit beteken egter nie dat daar geen menslike regering behoort te wees nie.  Dis net logies om te redeneer dat indien daar geen afvalligheid was, menslike regering nie nodig sou wees nie.  In ons sondebedeling is dit egter beter dat daar wel regering is, al is dit nie na wense nie.   Slegte regering is immers beter as geen regering nie.

Ander volke het Nimrod se voorbeeld gevolg en ook vir hulle konings aangewys.  Onderlinge gemeenskappe is met state vervang wat afvalligheid oorhand laat toeneem het.  Op die ou einde het basies net Abraham oorgebly wat nog in God geglo het.  Selfs sy ouers was afgodsdienaars.

Selfliefde het Nimrod egter deur die grense van onderlinge goeie menseverhoudings laat breek.  Dit het van hom ‘n prototipe gemaak van dié soort mens wat die mensdom in die toekoms groot leed sou besorg.  Nimrod se eiegeregtige beslissings en magswellus het telkens in geweld ontaard.

Alles het ‘n magsspel geword.  Magsverkryging deur gewelddadige onderwerping het vir hom en sy nageslag geen blywende voordeel ingehou nie, maar die argwaan van beskaafdes op hulle getrek.

Die Romeinse geskiedskrywer Trogus Pompeius sê dat Nimrod die eerste persoon was wat oorlog gevoer en self sy krygers opgelei het.  Die Griekse geskiedskrywer Diodorus Siculus meld ook dat Nimrod oorlog bly voer het totdat die meeste volke aan hom onderworpe was.  Dit stem ooreen met Gen.10:8 se verwysing na hom as die eerste geweldenaar op die aarde.  Nimrod het as ‘n tiran oor ander geheers.  Is dit toevallig dat feitlik alle Afrika-leiers tiranne, magsdronk, korrup en sleg is?  Verskil hulle nie maar slegs in graderings van boosheid van mekaar nie?

Hoe het Nimrod gelyk?

Alexander Hislop sê iets belangrik in sy meesterwerk The Two Babylons.  Op bladsy 34 skryf hy: “Now Nimrod, as the son of Cush, was black, in other words, was a Negro”. Argeologiese opgrawings het dit jare gelede al bevestig.

Die Romeinse geskiedskrywer Epiphanius noem Nimrod die “seun van Kus, die Ethiopiër”.  Die Ethiopiërs is ‘n swart ras.  Die vrag wat nou ontstaan is:  Hoe kon Nimrod ‘n Negroïed wees as sy voorgeslag Semiete, en derhalwe blankes was?  Hieroor kan daar slegs bespiegel word.  Ek glo dat dit die sigbare teken van Noag se vervloeking was.  God wou Gam se nageslag duidelik van dié van Sem en Jafet onderskei.  Die dienaars sou opvallend van die ander verskil in die sin dat hulle swart sou wees.

Nimrod was in Egipe as Osiris bekend. Opgrawings deur die befaamde Britse argeloog Sir Gardiner Wilkinson toon Osiris as ‘n man met opvallende Negroiede gelaatstrekke.  Daarbenewens bevestig die gewaad wat hy aanhet ook dat hy beslis Nimrod was.  Dit is gespikkeld met ‘n  bodeel van luiperdvel - Nimrod die onderwerper van die luiperd.  Is dit bloot toevallig dat luiperdvel deel van die meeste swart Afrika-leiers se tradisionele drag uitmaak?   Let ook op hoeveel swartes die naam Nimrod het.  Is dit bloot toevallig?

Nimrod was in oud-Griekeland as Bachus bekend.  Behalwe vir ‘n wynbeker in die hand word Bachus as ‘n man in ‘n luiperdvelgewaad voorgestel.  Wat meer is, is dat die ou Grieke hom as Bachus Ethiopius vereer het - “Bachus die seun van Ethiopus”.  En Ethiopus was Kus soos os reeds gesien het.