Volksvryheid is 'n strategiese doelwit waarna 'n verowerde volk graadsgewys beweeg deur tallose en intermediêre stappe binne 'n gegewe politieke situasie, soos dié wat aan die Afrikanervolk opgedwing is deur bedrog en verraad, en wat hom 'n derde maal in die geskiedenis 'n onderworpe volk maak. Die omstandighede waarin hy sy vryheid verloor het aan 'n onbeholpe terroristebende het sy selfvertroue en selfrespek ten ergste aangetas.
In 'n hernieude vryheidstryd is die primêre vereiste die aansporing van 'n gesindheid van verset teen die onreg wat die Afrikanervolk aangedoen is.
Daarnaas moet die herstel van sy selfvertroue en selfrespek hoë voorrang geniet deur die inroeping van ons volksgeskiedenis en van ons heldedom. Dít moet 'n voorbeeld en standaard stel. Maar daarby moet ook beklemtoon word dat die Afrikaners nie weens nasionale verslegting hulle vryheid verloor het nie, maar weens verraad. Langs dié weg moet Afrikanernasionalisme aangewakker word as die bewegingsmag wat na volksvryheid moet stuur.
Nasionalisme in verset teen die bedreiging van 'n volk se bestaan en teen verdrukking deur 'n besettingsmag is die primêre voorwaarde vir 'n strewe na volksvryheid, as die strategiese doelwit.
Die wekwoorde is vaderland, volkskap en vryheid.
Jaap Marais 24 Maart 2000