Daar is 'n e-pos wat wyd die rondte doen met 'n beroep op volksgenote om hulle na God te wend vir hulp in hierdie tyd waarin daar weer 13 boere binne 2 weke vermoor is en van hul gesinslede kritiek vir hul lewens veg. Kom ons vereenselwig ons met hierdie oproep en buig ons hoofde in nederige verootmoediging.
Ons boere, hul gesinne en ons hele volk bloei,
ons kinders word verkrag en vermoor,
ons kultuur en ons taal word vernietig.
Dit wat aan ons toevertrou is, word vertrap.
Ons mense, noem hulle Boere, noem hulle Afrikaners,
noem hulle wat jy wil,
het 'n baie ryk geskiedenis hier aan die suidpunt van Afrika.
Die een goue draad wat deur hierdie geskiedenis loop,
die een element wat nog altyd teenwoordig was in al ons suksesse,
is die genade van die Almagtige Skepper.
Kom ons draai na ons Almagtige God vir leiding, hulp en beskerming.
Kom ons bid en glo dat Hy dinge wat vir ons onmoontllik is, wil verander.
Ons Vader in die Hemel,
Skepper van alle dinge,
ons staan as volk voor u,
stukkend en verward.
Vergewe ons ons foute en gryp U in,
U is Beskikker oor alle dinge,
U beveel en dit geskied,
U is die Almagtige.
Neem U die leiding,
gee ons helderheid van verstand,
vul ons met die waarheid en wysheid uit u Woord
om te besef wat ons moet doen
en red ons van ons eie agendas.
Mag u wil geskied.
Amen
Dankie dat jy 'n paar sekondes opgeoffer het vir jou mense.
Daar is geen groter geskenk aan 'n volk
as om daardie volk in gebed op te dra
voor die Almagtige Skepper van hemel en aarde nie.