RASSEVERSKILLE IS GENETIES, NIE KOSMETIES

Die mite van mensegelykheid

Andrè van den Berg

Die geskiedenis het bewys dat kunsmatige gelykmakings tot ontwrigting en  verhoogde misdaad lei.  Suid-Afrika is ʼn sprekende voorbeeld hiervan.  Na meer as 20 jaar se ontwrigting is dit duidelik dat die reënboognasie ʼn dwase verbeeldingsvlug en noodlottige proefneming was.  Desondanks word daarmee volhard omdat dit op die ideëleer van mensegelykheid gebou is.

Die mite dat alle mense gelyk is, het ontstaan toe massaproduksie tot die standaardisering van goedere gelei en dwase begin glo het dat mense ook gestandaardiseer kon word.  Mensegelykheid het sag op die oor geval en later feitlik godsdienstige status verkry.  Daarna is die openbare mening mislei om te glo dat enige vorm van rasbewustheid sonde is.  Die politieke plofkrag wat dit later verkry het, het eens gesonde menseverhoudings laat skeeftrek.

Gelykheid mag vir sommige mense na ʼn reg lyk, maar dis nooit as ʼn feit bewys nie.   Mensegelykheid is in werklikheid loutere onsin.   Die mens is so ongelyk  as kan kom.   Mense word verskillend gebore.  So ook rasse.

Die omstrede gelykheidsleer is ʼn stuk moderne bygeloof wat menseverhoudings ernstig ontwrig.   Benewens die gesonde verstand lewer die wetenskap voldoende bewys dat rasseverskille ʼn werklikheid is wat nie weg geredeneer of weg geëvangeliseer kan word nie.  Oral waar dit geminag word, ontstaan daar politieke-, verhoudings- en gemeenskapsprobleme.

Rasse is duidelik onderskeie mensegroepe met oorgeêrfde fisiese, psigiese en gedragseienskappe.  Benewens uiterlike verskille, verskil dit ook in breingrootte, skedelstruktuur, intelligensie, spierstelsel, hormoonvlakke, sedelikheid, temperament, lewensduur en persoonlikheidseienskappe van mekaar.

Die wyse Benjamin Disraeli het tereg gesê dat alles in die lewe om ras draai.   Ras is vlees en bloed, breins en hormone.  Dis in elke liggaamsel en in die DNA.  Ras skep armoede of rykdom, misdaad of wetsgehoorsaamheid, primitiewe gemeenskappe of hoë beskawings.  Dit laat mense verantwoordelik of onverskillig optree.   Ras skep despotisme of vryheid, mooi musiek of  ʼn irriterende gekwetter (rap).   Dit skep spogwoonbuurtes of morsige agterbuurtes.  Ras verwoes die natuur of bewaar dit.  Kortom kleur ras nie net die vel nie, maar ook die ganse lewe.

Wie etnies-kulturele verskille minag, is of moedswillig of dwaas.  Die ywer vir rassegelykheid ontwrig rasseverhoudings en baar geweld.   Die voormalige Joegoslawië is ʼn sprekende voorbeeld hiervan waar genetiese verskille wat verontagsaam is, op ʼn bloedige burgeroorlog uitgeloop het.

Rasseverskille onderskei uiteraard volke van mekaar.  Volke het as gevolg van onderlinge erfenis ontstaan en is, na gelang van intelligensie en strewe, waardig of minderwaardig.  ʼn Waardige ras wat geneties minderwaardige rasse as gelykes in sy midde opneem, pleeg nasionale selfmoord omdat daardie eienskappe wat hulle sterk gemaak het in die samesmeltingsproses verlore gaan.

Westerse volke streef almal na etniese eenheid omdat dit staatkundige vrede en eensgesindheid waarborg.  In hierdie lande heers daar opvallend meer vrede en  goeie menseverhoudings as in lande met veelvolkige bevolkingsamestellings.

Niks vorm ʼn volk se karakter soos sy genetiese samestelling nie.  Volke styg of sink ooreenkomstig hul genetiese gehalte.  Sterk gene laat ʼn volk bo sy omstandige uitstyg terwyl swak gene ander onbeduidend en agterlik hou.

Sterk genetiese samestellings kan lande met geen natuurlike hulpbronne ryk maak.  Swak gene hou weer dié met genoegsame hulpbronne arm.   Gene kan roemryke universiteite tot stand bring of eerbare strukture aftakel.   Dit kan mense aan tirannieë onderwerp of van onmenslike onderdrukking bevry.   Gene kan mense die ruimte instuur of in morsigheid en ellende laat versink.  Daarom is ʼn volk wat sy gene van hom maak.  Ongelyke gene baar ongelyke mense!

Sommige mense skryf die oorsaak van minderwaardige rasse eerder aan negatiewe omgewingsfaktore toe  en glo dat ʼn ras se lotgevalle nie deur sy gene nie maar deur sy lewensomstandighede bepaal word.   Dis ʼn hipotese wat telkens deur die wetenskap weerlê word.

Die wetenskap het onteenseglik bewys dat rasseverskille nie kosmeties nie maar geneties is.   Dit word ook in die diereryk waargeneem waar die natuurwet van soort soek soort duidelik is.   Die natuur verbreek nooit haar eie wette nie anders sou renosters met seekoeie en duiwe met spreeus gepaar het.

Die wet van die natuur geld ook vir die mens. Thales het gesê dat kennis en begrip by natuurlike waarneming begin.  Die natuur leer dat elke diersoort hom afskei ten einde te kan voorbestaan.  Met die mens is dit dieselfde.  Daarom verkies swartes om met swartes om te gaan en blankes met blankes.  Geen wet kan mense gelyk dwing nie.  Die wet van die natuur wen altyd.

Al haat mense mekaar daarvoor, neem dit nie die werklikheid van mense se ongelykheid weg nie.   Daarom is dit elke volk/ras se reg om hom van ander volke/rasse af te skei.   Daarsonder sal dit vir seker verdwyn.   Gevolglik gee niks ʼn volk meer krag as die suiwerheid van sy bloed nie.   Ongelukkig is daar nie lewensredders by die genetiese poel nie!

Dis elke mens se reg om hom met sy eie soort te vereenselwig en derhalwe van andersoortige mense af te skei.  In die diereryk word indringers selfs verjaag. Diegene met eerbied vir hulself, aan hul eie ras voorkeur gee en onder hul eie volk wil woon omdat dié hul volkswaardes vertolk, durf nooit van rassehaat beskuldig word nie.  Dis eerder ʼn bewys van hul behoefte aan oorlewing en gevolglike hartstog vir die lewe.

Rasseskeiding is die enigste oplossing in lande waar rasse ingrypend van mekaar verskil.  Goeie grense maak goeie bure.  Dit skakel wrywingsvlakke uit.  Daarom bedreig rasseskeiding nooit rassevrede nie.  Rassevermenging wel.  Daarvan getuig die reënboognasie baie duidelik omdat dwase heinings verwyder het voordat hulle besef het waarvoor dit opgerig is!

Geen volk durf sy eenselwigheid en vryheid op die altaar van rassevermenging opoffer nie.   Onnatuurlike vermengings loop altyd op ʼn grys eenvormigheid uit.  Dis niks anders as ʼn sataniese aanslag op die handhawing van ʼn volk se eenselwigheid en die ontwrigting van die geslotenheid van ʼn betrokke ras nie.

Rassevermenging kan ook nooit uit die Bybel regverdig word nie.  God het verskillende rasse met verskillende genetiese vermoëns geskep.  Wie daaraan peuter, meng met die Skepper se handewerk in.  Mag God ons die genade gee om die mites van die tyd uit te daag en as leuens te ontbloot.   Ons is dit aan ons volk verskuldig!