Regses in Den Haag betoog teen Mandela-beeld
Die Afrikaner
‘n Protes teen moorde op blanke boere in Suid-Afrika is tereg deur die regse Nederlandse beweging, Voorpost, in Den Haag gehou tydens die onthulling van ‘n standbeeld van die “ANC-terroris Nelson Mandela.”
In ‘n nuusberig oor die gebeure sê Voorpost: “sedert die vrylating van Mandela en die magsoorname van die ANC is bykans 4 000 blanke boere vermoor in die sogenaamde plaasmoorde.
Dit is vir Voorpost onaanvaarbaar dat vir ‘n man wat verantwoordelik is vir vele sterfgevalle en die verteenwoordiger is van ‘n verwerplike politieke stroming (kommunisme) ‘n standbeeld opgerig word. Voorpost eis die verwydering van die standbeeld en wil die materiaal gebruik vir ‘n monument vir die slagoffers van die volksmoord wat tans plaasvind.
Voorpost het ‘n banier vertoon waarop geskryf is: “Stop de moorden op blanke boeren”. Plakkate is ook vertoon met foto’s van die slagoffers van die plaasmoorde. Vyfstuks van die Voorpost-protesteerders is deur die polisie in hegtenis geneem en is vrygelaat nadat hulle ‘n boete van € 1 130 (sowat R11 000) opgelê is.
Groot gewag word in bepaalde mediabronne gemaak van die feit dat die protesteerders emeritus aartsbiskop Desmond Tutu se sogenaamde openbare gebed tydens die onthulling sou probeer ontwrig het. Na wat berig word, het Tutu net begin bid deur te sê hy is dankbaar dat God bevooroordeeld ten gunste van geregtigheid en vryheid is.
Volgens dié bron is “Die Stem” juis toe gesing en het die regses luidkeels geskreeu: “Mandela moordenaar”. Stemme het in Afrikaans en Nederland ook geskreeu: “Wat van die plaasmoorde?” Tutu het egter deurgedruk en uiteindelik in Afrikaans die aanwesiges bedank vir die rol wat Nederland in die bevryding van Suid-Afrika gespeel het:
“Baie dankie. Sonder julle sou ons nie vry geword het nie”. Die rol van die Engelse koningshuis en regering in die Anglikaanse Kerk, waarvan Tutu ‘n biskop was, is duidelik in wyle mnr. Jaap Marais se brosjure, The war against the Boers, uiteengesit. Die Britse Anglikaanse Kerk (waarvan die koningin die hoof is) het as deel van die anti-apartheidsbeweging (anti-Afrikaner beweging) miljoene pond aan die ANC gegee om sy terrorisme te bedryf, het hy onder meer uitgewys. In hierdie konteks moet Tutu se aanwysing as hoof van die sogenaamde Waarheids- en Versoeningskommisie ook vertolk word. Dié verhore deur die Tutu Kommissie is deur mnr. Marais as “Nuremberg tipe-verhore” beskryf, waarna hy die Brits gesteunde terroriste-oorlog in verband bring met die Britte se oorlog teen die Boere in die Tweede Vryheidsoorlog.