VAN VRYBURGER, KOLONIS EN VOORTREKKER TOT BOER EN AFRIKANER

WIE IS HIERDIE BLANKE VOLK AAN DIE SUID-PUNT VAN AFRIKA?

In die eerste jare nadat Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het, was ons eers  vryburgers wat stukkies grond ontvang het om daarop te probeer boer.  Daarna was ons koloniste by ons voorposte.  Ons het die grense van ons veeplase al verder verskuif op ons oos-waartse trek, totdat die Swartes daar perk en paal aan gestel het.  Daarna was ons Voortrekkers, wat die Engelse juk afgeskud het.  Ons het die wawiele noordwaarts laat rol na die vryheidslig wat altyd voor in die wapad brand.  Daarna was ons die Boere van die Vrystaat en Transvaal, wat tot die dood toe moes veg teen die grypsug van die Britse wêreldmag.  Maar uiteindelik het ons as gelouterde Afrikaners ons land ontvang, ten spyte van die weerstand van al ons vyande wat wou verhoed dat ons daarin sou slaag om die Christelike beskawing in hierdie suidelike deel van Afrika in te dra.