ELKE VOLWASSE BLANKE BEHOORT NA HIERDIE UITTREKSEL TE KYK
http://youtu.be/onSPdJwJJh4
Die film by die skakel hierbo is 'n 10 minuut-lange uittreksel uit die dokumentêr deur regiseur Rian van der Walt, 'War of the Flea', wat in 2011 vervaardig is.
Dit bevat skokkende inligting oor die poging tot ras-uitwissing en volksmoord wat tans onder die ANC-regime op die blankes van Suid-Afrika en in die besonder die Afrikanervolk, (die mees gehate volk as gevolg van sy Christelike karakter en nasionalistiese herkoms) uitgevoer word.
Die blankes is 'n minderheidsgroep en die Afrikanervolk is nog minder, tans nie meer as twee miljoen in die land oor nie, waarvan sowat 38 000 blanke boere in die verlede die kern van voedselproduksie in die land was, maar waarvan, sedert die ANC die land (onwettig sonder enige verkiesing by die verraderlike Nasionale Party) op 'n skinkbord gekry het, reeds ver oor die 3 000 boere vermoor is.
Die doel van hierdie barbaarse moorde waar blankes selfs vir 15 ure lank onverpoosd gemartel word, vingers met 'n snoeiskêr afgeknip word, voetsole met warm strykysters verbrand word, mans gedwing word om te kyk hoe hulle vrouens en dogters verkrag word voordat hulle 'n kopkoël-terregstelling kry, of agter 'n voertuig vasgebind word en vir kilometers oor growwe grondpaaie gesleep word tot hy sterf, is 'n deursigtige poging van die swart regering om die blanke ras en die Afrikanervolk van Afrika-bodem uit te wis. Julius Malema, omstrede ANC-jeugleier, se openbare toespraak waarin hy gesê het dat die plaasmoorde sal stop as blanke boere 80% van hulle grond aan swartes weggee, is die sterkste bevestiging dat die wreedaardige moorde op blanke plaasboere beplan en uitgevoer deur die swart owerheid. Daarby is talle briewe deur blanke boere gestuur wat hulle grond aanbied aan die Departement Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, maar niemand van hulle kry enige terugvoer nie – nog 'n bewys dat die regering nie van plan is om die grond te koop nie maar met uitwissing van eienaars dit net te gryp. En dan weet enige regdenkende dat die moorde nié sal stop nie al gee die boere al hulle grond vinnig en gratis aan die regering.
Die onmenslike moorde op blankes staan heeltemal apart van die alledaagse misdaad waaraan die hele land ook onderwerp is as gevolg van die ANC se weiering om enige misdaad vas te vat. Ook hulle verval van die immigrasiewette ná oorname was die gevolg dat Suid-Afrika naby die 80 miljoen swart inwoners het waarvan ongeveer die helfte van ander swart state afkomstig is.
Daar kan geen waarde geheg word aan die ANC se sogenaamde sensusstatistiek nie, dit word uit die lug geprojekteer sodat die ware toestand verberg kan word. Die afgelope sensusopname was weereens 'n sirkus en talle Suid-Afrikaanse burgers kan getuig dat geen persoon by hulle aangeklop het vir opname nie – soos ook tydens die vorige poging in 2001.
Die film, 'War of the Flea' is onlangs vertoon by die internasionale konferensie in die Europese Parlement in hierdie maand van Februarie 2012, in die teenwoordigheid van ook Philip Claeys, lid van die Europese Parlement van die Vlaams Belang-party. Die hele film is 93 minute lank.
Het enigiemand dit al op hulle TV-skerms gesien? Nee, en u sal ook nie. Gemeet aan die wêreldwye histerie oor die sogenaamde wreedhede teenoor en gefabriseerde mishandeling van swartes tydens die vreedsame tydperk van afsonderlike ontwikkeling vir verskillende volke in Suid-Afrika, is die totale stilswye oor hierdie volksmoord en blanke-uitwissing veelseggend.
By die skakel hieronder is daar 'n baie kort film oor die toestand in ons land. Besigtig dit by http://www.youtube.com/user/sevenofnineprod?feature=guide