25 FEBRUARIE 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Of ons dit glo of nie, elke mens hou daarvan om eer te ontvang. Die gevaar is dat ons naderhand begin om eer te verwag. Ons raak verwaand en selfgesentreerd. In plaas dat ons saam stry vir God se eer kompeteer ons teen mekaar vir eer.  Maar as jy daadwerklik jou geloof rondom Christus sentreer sal jy spontaan vergeet om aan jouself te dink en besef jy is verlos – daarom is eie eer nie meer belangrik nie.