3 FEBRUARIE 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het u al opgemerk dat gelukkige mense 'n vreugde vir klein en eenvoudige dingetjies openbaar? En dat daar by hulle gewoonlik geen dwase begeertes bestaan nie? Ook dat hulle met hul goeie sin vir humor nooit 'n drang na selfverheerliking toon nie? Humor dra mense deur die lewe en sorg ook dat hulle nie ten gronde gaan van pyn en lyding nie.