OUMA SE KIND

KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Prinses Ann van Brittanje se seun, Peter Phillips, is ‘n hele paar jaar gelede as kaptein vir Gordonstown Schools gekies.  Net voor ‘n wedstryd waarin hulle sou speel, soos die gebruik is, moes ‘n munt opgeskiet word om te bepaal wie eerste keuse tot die rigting van spel het.  Die skeidsregter het die munt geneem, na die jong Phillips gekyk en in plaas van die gewone head or tails aan hom gevra:  “ Your grandmother or tails, sir?!”