SKAAM MY DOOD!

KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Klein Jannie was in die laerskool toe die onderwyser vra wat elkeen se pa doen om sy brood te verdien. Die gewone antwoorde is gegee soos brandweerman, polisieman, dokter, predikant, prokureur, ensovoorts.  Jannie was maar baie stil en uiteindelik vra die onderwyser hom omtrent sy pa se werk.

 “O, meneer, my pa is ‘n eksotiese danser in ‘n gay club.”  Die onderwyser was ‘n bietjie uitgeboul  deur die antwoord en sê dadelik die ander kinders aan om sommer inkleurwerk te doen.

 Hierop neem hy Jannie eenkant en vra saggies:  “Is dit regtig waar omtrent jou pa?”

 "Nee, meneer, my pa speel rugby vir die Leeus maar ek was te skaam om dit voor almal te sê.”