(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
SELFSUGTIG!
In ‘n wedstryd vir Transvaal teen Griekwas in 1943 het Hennie Muller, wat bekend was as “Windhond” weens sy geweldige spoed, op ‘n slag ‘n losbal opgepik, en sonder om links of regs te kyk, driekwart van die veld deurgenael vir ‘n skouspelagtige drie onder die pale.
Baie in sy skik met homself stap hy terug, maar die Transvaalse kaptein, Jan Lotz, kyk Muller ontevrede aan en berispe: “Mooi drie, Muller, maar onthou jy het maters by jou!”