KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Dit is April en die Boesmans in ‘n afgeleë deel van die Kalahari vra hulle nuwe stamhoof of dit hierdie winter matig of baie koud gaan wees. Omdat hy stamhoof is in meer moderne tye, het hy nooit die ou geheime geleer nie. Wanneer hy die lug bestudeer, kon hy nie sê hoe die winter gaan wees nie.
Nieteenstaande het hy besluit om dit veilig te speel en hy sê toe dat dit ‘n koue winter gaan wees en hulle moet begin brandhout bymekaar maak ter voorbereiding. Hy is egter ‘n praktiese man en na ‘n paar dae kry hy ‘n plan. Hy stap na ‘n publieke telefoon by die nasionale pad, skakel die weerburo en vra: “Gaan die komende winter koud wees in die Kalahari?”
“Ja dit lyk so” sê die een wat geantwoord het.
Hy gaan terug na die stam en sê hulle moet nog meer hout bymekaar maak.
‘n Week later skakel hy weer die weerburo:
“Lyk dit nog steeds na ‘n baie koue winter?”
“Ja, dit gaan baie koud wees.”
Hy gaan terug en beveel hulle om elke stukkie hout wat hulle vind, op te tel.
Na twee weke skakel hy weer:
“Is julle heeltemal seker dat dit baie koud gaan wees?”
“Absoluut” kom die antwoord, “dit lyk al hoe meer na een van die koudste winters ooit.”
“Wat maak julle so seker?”
“Ons satellietfotos wys die Boesmans maak verwoed hout bymekaar, en dis altyd ‘n baie seker teken.”