(Lees die reeks by Afrikaanse Idiome en Gesegdes
- Dis 'n bitter beker om te drink (dis 'n baie onaangename ondervindiing)
- Hy moes die beker tot op die bodem ledig (hy moes die hele situasie deurmaak)
- Dit was net 'n druppel in die beker (dit was 'n klein bydrae)
- Dis darem 'n soet druppel in die beker (iets aangenaams te midde van leed of teenspoed)
- Tussen lip en beker is soveel onsekerheid (daar kan nog baie dinge gebeur)
- Sy beker loop oor (dit gaan met hom baie goed)
- Hy is die beker sonder oor (hy is 'n geslepe persoon)
- Dit reën vir die beker (dit reën hard)
- Hy spook vir die beker (hy beur met alle mag)
- Sy beker is vol (hy kan nie veel meer verdra nie)
- Hy speel bekfluit met die mielie (hy eet die mielie vinnig op)
- Dis 'n bekkige knapie (vir sy ouderdom raak hy oulike sêgoed kwyt)
- Hy beklee 'n goeie amp (hy het 'n goeie werk)
- Hy is met gesag beklee (hy is in 'n gesagsposisie)
- Die saak is gou beklink (dit is gou en suksesvol afgehandel)
- Hy het hom bekoms geëet (hy het homself siek geëet)
- Dit sal jou suur bekom (jy sal spyt wees daaroor)
- Hy het die saak agter my rug bekonkel (hy het dit op 'n oneerlike manier gedoen)
- Hy het die saak agteraf bekook (hy het dit skelm gemanipuleer)
- Hy het elke keer 'n bekslag (hy het elke keer 'n gevatte antwoord – so 'n antwoord het dieselfde uitwerking as 'n hou op die mond)
- Hy het ontaard in 'n bekvegter (hy veg met woorde)
- Ná die derde sopie was hy nie meer bekwaam nie ( ná die derde drankie was hy nie meer nugter nie)