(Lees die reeks by Afrikaanse Idiome en Gesegdes
- Hy het 'n bek aan hom (hy kan die woord doen)
- Hy het 'n bek soos 'n advokaat (hy is glad met sy mond)
- Hy voel baie bekaf (hy is nie baie gelukkig nie, nie op sy stukke nie)
- Hy het baie bek (hy kan grootpraat)
- Hy het 'n bek soos 'n bakoond (hy het 'n groot mond)
- Meer bek as binnegoed (hy is 'n grootprater met min verstand)
- Hy is in die bek geruk (hy is bietjie teruggehou)
- Hy sit daar met sy droë bek (hy is baie teleurgesteld)
- Hy is nie op die bek geval nie (hy het 'n antwoord vir alles)
- Sy bek hang (hy is erg verleë)
- Hou, bek, hou! ('n uitroep as daar gespog of grootgepraat word)
- Hy het 'n bek op sy lyf (hy is 'n goeie spreker)
- Hy is net bek (Hy praat net en doen nie veel nie)
- Moenie 'n gegewe perd in die bek kyk nie (moenie 'n geskenk kritiseer nie – 'n voornemende koper kyk gewoonlik in 'n perd se bek om te sien hoe oud of gesond hy is nav die toestand van sy tande)
- Al wat bek en pote het, moes in die krisis help (almal moes inspring en help)
- So moet 'n bek praat (ek hou baie van wat jy sê)
- Hy trek skewe bek (hy tart iemand met 'n vertrekte gesig)
- Dis 'n geval van bek lek en stert swaai (dis 'n geval van mooipraat om indruk te maak)
- Hy is taamlik taai in die bek (jy kry nie veel met hom uitgerig nie)
- Hy sit daar met 'n bek vol tande (hy praat nie 'n woord nie)
- Jou bek sal maak dat jy treinry (wat jy sê kan vir jou 'n loesing meebring)
- Hy het sy bek vir my uitgebrand (hy het my sleggesê)
- Eendag verbrand jy nog jou bek (eendag sê jy dalk iets wat ongesê moes bly)
- Hy het weer sy bek verby gepraat (hy het weer iets gesê wat hy nie moes nie).