Nog pragtige gedigte by Gedigte
Geniet saam met ons A G Visser se mooi vaderlandse gedig, Nimmer of Nou.
Wank’lende skepies op went’lende bare,
Maar ‘n standvastige hand aan die roer –
So het die Almag deur duisend gevare
Voortyds ons voorsate hierheen gevoer.
Kennelik sien ons sy hand deur die jare
Nog in die wiss’lende lot van die Boer:
Wag’lend sy wa in ‘n see van barbare,
Vas sy vertroue op God en sy roer.
Sal ons die Voortrekkerstempel bestendig –
Heer van sy hoewe en baas van sy plaas -,
Of deur verslapping ontaard en lamlendig
Op ons geboortegrond kneg word en Klaas?
Had ons die Eendrag – die Mag – van ons leuse;
Had ons die Wil om te handhaaf, te hou. . . ,
Hier lê die kruispad, en kort is die keuse,
Maklik die dwaalweg, maar. . . lank die berou!
Ja, nadat ons op ons geboortegrond die kneg en Klaas geword het, het ons nie eers meer die wil om te handhaaf en te hou nie. Presies hoe lank gaan die berou daaroor nog wees?