VRYHEIDSUG

J P Botha

O, dat die nagtegaal weer eens,

Suid-Afrika, jou velde sal besing;

‘n Luide jubeltoon weer opstyg tot jou lof,

‘n Ryker glans van liefde jou omring!

Mag uit die puinhoop van vernieling weer

besieling vir jou dapp’re stryders straal;

O, dat heldemoed en durf weer seëvier;

Jou liefde weer my volk se arm staal!