Amanda Boucher – bestel digbundels by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Nog ‘n dag begin … soos altyd.
Mense gaan werk toe, ander eet nog ontbyt.
Skielik word die stilte versteur.
‘n Nasie lê in stukke geskeur.
Die hele wêreld rou oor ‘n massamoord.
Almal is geskok, niemand het die regte woord.
Baie vrae sal onbeantwoord bly.
Baie mense sal nooit weer ‘n spesiale glimlag kry.
Hoekom Heer ?
Waarom moes dit gebeur ?
Soveel lewens op een slag weggeruk.
Wat wil U op ons harte druk ?
Dat ons moet onthou om ons geliefdes te groet ?
Gee hulle u liefde en bystand in oorvloed.
Heer ...
Genees U hulle seer.
Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
Mag hulle berus in u wil
Mag hulle voor U verstil.