Johan Botha
O, dat die nagtegaal weer eens
Suid-Afrika, jou velde sal besing;
'n Luide jubeltoon weer opstyg tot jou lof,
'n Ryker glans van liefde jou omring!
Mag uit die puinhoop van vernieling weer
Besieling vir jou dapp're stryders straal;
O, dat heldemoed en durf weer seƫvier,
jou liefde weer my volk se arm staal!