MY VOLK, MY VOLK...

... Júlle het Mý verlaat

Kobus Pienaar

Soos slagdiere word julle geslag, die baster en barbaar laat julle bloed soos ʼn rivier vloei.

Hulle dans en baljaar in die poele van onskuldige bloed, want hulle sê “ons is nie bang vir bloed”.

Hulle kom en vat julle goed sonder dat hulle dit verdien.

Sonder verdienste vat hulle jul kinders, jul vrouens, ja selfs julle siel, en steeds kyk julle na die wêreld, na die vlees vir uitkoms.

Julle keer nie na My nie.

Julle is swak, maar glo julle is sterk.

Bedwelmd en verblind loop julle onder mekaar en verslind.

Hoe lank nog gaan hierdie wêreld se bande julle nog bind.

Julle trap en skeur, kap en knou, die Liefde wat Ek vir julle hou.

My Seun het Ek vir julle gegee, maar steeds keer julle na jul eie weë, want meer lief het julle wat die wêreld gee.

Julle kerk en volk is julle hoogste goed, maar vir My het julle geen moed.

Verloën, veraai, verskeur mekaar, maar Sondag is julle weer bymekaar.

Jul sê amen en gaan dan heen, verloën, veraai, verskeur mekaar net weer.

Die kerkklokke lui en die hane kraai, wanneer gaan julle ophou My veraai?

Die dromme raas, die vonke spat, soos wat die messe aan die slypsteen vat.

Die bloed loop reeds die hele land oor.

Die geskreeu van slagoffers kom tot by My oor, wanneer, My volk, gaan julle dit hoor!

Ek ken die hart van elke een wat op die knieë voor My ween.

Vader help en bring U seën, want hierdie volk is amper daarmee heen!

Ek hoor jou kreet, Ek hoor jou ween, maar díe volk moet nog soos een in hul benoudheid, op hulle knieë, voor My ween.

Ek sal My hand oor julle hou en beskerm teen die onheilsmag, elke een wat na My smag.