VRY! DIS WÉÉR ONS GEBED

Die digter A G Visser het na die Tweede Vryheidsoorlog in hierdie pragtige sonnet ons Afrikanervolk se lydingsgeskiedenis beskryf.  Dit is ‘n treffende bede wat ons vir ons land se huidige toestand weer net so mag bid:

          VRY !

Op swarte agtergrond van al wat ons moet ly,

Blink as ‘n ster in duis’tre nag die een woord: VRY!

 

U het, o Heer, ons volk met eie hand

Gelei, opdat hul rein u Woord bewaar,

Van Noord tot Suid langs weë wonderbaar

En onder vreemde sterre hier geplant.

“Om vryheidswil, verlaat die Suiderstrand,

Trek Noord en deins terug vir geen gevaar!”

‘t Was u bevel.  Van Kaap tot Ewenaar

Lê nog ons bloedspoor deur die donker land!

Om weer – die vadererf verwoes, verbrand –

Na naamloos’ leed die onderspit te delf

In ongelyke stryd teen dwinglandy!

Ai, my!  Ons ken geen ander vaderland.

Die drang na vryheid kom tog van U self;

Maak, Heer, ons volk, u Benjamin, weer vry!