AS DIE DONKER OOR ONS SLUIER

Lei ons HERE, groot en magtig, U alleen ons hulp en krag.
As die nag se kleed ons sluier, bly ons steeds u heil  verwag.
Ons Bevryder, ons Bevryder, U, die God van ons behoud -
U, die God van ons behoud.

Lei ons HERE, groot en magtig, U alleen ons sorg en stut.
As die toekoms ons bekommer, sal U, HERE, ons beskut.
Ons Beskermer, ons Beskermer, U, die God wat ons behoed -
U, die God wat ons behoed.

Lei ons HERE, groot en magtig, U alleen ons borg en steun.
As die donker ons laat steier, vind ons rus by U alleen.
Ons Bewaker, Ons Bewaker, U, die God wat ons bewaar -
U, die God wat ons bewaar.

Die pragtige woorde van Gesang 105 in die APK se Psalms & Gesange