Nog gedigte by Gedigte
Hier is nog 'n gedig uit baie vroeër jare met 'n glyende versifikasie waarvan die skrywer onbekend is. Dit kon ewenwel vandag geskryf gewees het as ons die toestand van ons volk bekyk:
Daar rys soms stemme in die nag
wat fluister – eers gesmoord en bang,
maar luider straks, skoon altyd sag:
"Hoe lang?"
Hoe lang moet ons nog swerf en stry,
en stil-swaar worstel met die dwang,
en hoon en smaad en skimptaal ly,
"hoe lang?"
Hoe lang verdra ons nog en wag,
en tel die trane op ons wang,
en duld en ly en treur en smag:
"hoe lang?"
As volk, hoe lang sal ons nog kyf,
eer ons deurgrond die dure drang
tot vrywees, wat ons almal dryf:
"hoe lang?"
Vanwaar die lafaard wat daar meen,
en ongestraf, met dom gebaar
durf sê dat alles ydel was voorheen?
Van waar die arme siele kom
wat in geen eie toekoms staar,
en ons wil oplos in 'n vreemde drom?
Hoe lang sal ons nog spook en doen,
en dwarstrek, algar blind en bang,
en koers soek op die held're noen?