VOLKSLEIER, TEOLOOG, PREDIKANT

Deur A.G.Visser leer ons sommige leiersfigure verstaan...

'n VOLKSLEIER
Sy volk sal hom vereer, vertrou,
Die toekoms in sy hande laat.
Vir hom sal hulle glo al sou...
Al sou hy ook die waarheid praat!

TEOLOOG
Hy is nie net gereformeer,
Maar – nota bene – streng! Van al die Engele op die leer
Sien hy maar net die "eng"!

PREDIKANT
Kom sê my die beduidenis
-Ek moet my so verwonder - :
Langdradig op die preekstoel is
So kort van draad daaronder.