GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK (1)
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
Ds.Andrè van den Berg
Die Boerevolk verkeer tans in die grootste nood sedert sy volkstigting. Alles om ons het donker geword. Magte van die duisternis voer oor ons die botoon en dompel ons land toenemend in chaos en ellende. Geen mens
Ons moet egter nie teen heidense getalle vaskyk nie. Niks is by die Here onmoontlik nie. As Hy werk,
God het menigmaal verlossing deur ‘n handjievol weerbares bewerk. Let maar op die verlossing van Israel in die tyd van Gideon (Rigters 7) toe God deur 300 weerbares aan
Ons eie volksgeskiedenis getuig ook van God se wonderbare ingrype toe 400 weerbare Voortrekkers op 16 Desember 1838 meer as 20,000 barbare by Bloedrivier verslaan het. Dis ook deur gebed en smeking asook ‘n gelofte voorafgegaan.
Die Boerevolk se grootste weerbaarheid is ‘n geestelike weerbaarheid. Dit veronderstel uiteraard ‘n gebedslewe waarop gebedsverhoring volg. Gevolglik is daar vir ons niks so belangrik soos gebed nie. Dis die kommunikasiemiddel tussen God en gelowige mense en die asemhaling van ons volksiel.
Hierdie gebedeboekie is uitsluitlik vir my volk geskryf. Mag dit tot elke Boer se gebedsverryking en geestelike weerbaarheid bydra.
GEBED BY DIE AANBIDDING VAN GOD
Here, U grootheid en almag verbyster my elke dag! Geen mens
Al is u omtrek nêrens nie, is u Middelpunt orals. Daarom is kennis van U die grootste van alle wetenskappe en insig in u Werke die beginsel van wysheid. U is die begin van alle heerlikheid en die somtotaal van alle goedheid. Daarom is my lewe sonder U leeg, ja, soos die hemelruim sonder sterre, die see sonder water en die aarde sonder plante. ‘n Dag sonder U is soos ‘n dag sonder son en ‘n nag sonder maan of sterre.
U genade is groot en val soos reën in barre woestyne sowel as op vrugbare landerye. Dit val op rotse wat die water nie
Dankie dat ek u Genade nie hoef te verdien nie, maar dat dit gratis en genoegsaam is. As hemelse Vader gee U vir my milddadig omdat U weet dat ek nie daarsonder sal
Al is my lofprysing ook hoe swak en my gebede hoe stamelend, is dit vir U aanvaarbaar omdat ek deur Jesus kind van U is. U Woord sê vir my dat my sonde, al is dit ook hoe groot, nooit groter as u Liefde vir my kan word nie. Ek besef dat ek maar net ‘n vonkie van liefde in vergelyking met u hoogoond van liefde vir my het.
Dankie dat U my alles gee wat ek nodig het om sinvol te bestaan. Laat ek altyd daarna streef om tot u eer leef en nooit in my toewyding en liefde vir U en u Kerk op aarde te verslap nie.
Help my om altyd u Grootheid in u Goedheid en u Goedheid in u Grootheid raak te sien en U tot in ewigheid te eer en te verheerlik.
Amen.