15 APRIL 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God openbaar Homself in die Skrif, so duidelik dat Dawid in Psalm 19 jubel oor die wonderbaarlike natuur en die Woord van God. Tog sit groot geleerdes hulle tyd en mors in 'n poging om die geloofwaardigheid van die Skrif verdag te maak. En ons wat weet dat God se Woord waarheid is, wat doen ons met sy Woord; bestudeer ons dit deeglik genoeg om vir Hom te kan opstaan?