RAFIDIM

  Gustav Norval

 

              Vanuit die ooste gesien met noord regs

Hierdie foto wys waar die Israeliete in die Sinai woestyn naby berg Horeb gekamp het (wit pyl).  Regs is die Rafidim vallei waardeur die vyandige Amelekiete aangestorm het om die naaste Israeliete van agter aan te val (rooi pyl) (Deutr. 25:17).  Die gevegsterrein word met ‘n blou pyl aangedui. Wes van die kampplek was die rots waar hulle drinkwater gekry het (toe Moses dit met ‘n stok geslaan het) en die Amelekiete het gepoog om die mense van die waterbron af te sny.

Volgens Exodus 17: 8-16, het Josua manne byeengekry en ‘n aanvalslyn gevorm om die vyand van die vrouens en kinders in die kamp weg te hou. Moses, Aaron en Hur het op die top van ‘n heuwel geklim (swart pyl) met die staf van YHWH in sy hand. Hierdie koppie is ‘n klipperige heuwel en die enigste hoogte binne die gevegsgebied wat wat oor die wye terrein uitstyg. Daar word in Ex 17: 9-10 van hierdie kop melding gemaak. Weerskante van die gebied is berge waarteen die Amelekiete die Israeliete wou vasdruk.

gevegsterrein

                 klipkoppie met voertuig aan die voet

Moses het die staf in die lug gehou en dan het die Israeliete die oorhand oor die vyand gekry, maar sodra Moses se hande gesak het, dan wen die vyand. Daarom het Aaron en Hur Moses se hande met die staf in die lug gehou tot die vyand laat middag verslaan was.

                              

Teen die aand was die slag geslaan en die oorblywende Amelekiete het die hasepad gekies.