Naamwoorde vir Vader YHWH in die Bybel
Gustav Norval
Elohim (God)
Eerste keer gebruik in Genesis 1:1 en kom 2599 keer in die Bybel voor.
Yahweh (YHWH/ EK IS)
Eerste keer gemeld in Genesis 2:4 en word 6519 keer in die Bybel gebruik.
El Elyon
Gevind in Genesis 14:18 en daarna 52 keer in die Woord gevind, soms net as “Elyon” wat as God die Allerhoogste vertaal word (KJV gee dit aan as “God Most High.”)
Adonai
In Genesis 15:2 en daarna 434 keer in die Woord gevind. Betekenis: “Meester of Heer”
El Shaddai
in Genesis 17:1 en daarna 48 keer in die Bybel gevind. Betekenis: God Almagtig
El Olam
in Genesis 21:33 en kom 439 keer in die Bybel voor. Betekenis God, die Ewige
YHWH Jireh
Kom een keer voor in die Woord, naamlik in Genesis 22:14. Betekenis: God voorsien
Yahweh Rapha
Slegs een keer gebruik in Exodus 15:26. Betekenis: God genees.
Yahweh Nisi
In Exodus 17: 15. Betekenis: God is my banier.
El Qanna
Eerste keer in Exodus 20:5 en verder 6 keer in die Bybel gevind. Betekenis God die ywerige (ook “Jaloerse God”)
Yahweh Mekoddishkem
Gevind in Exodus 31:13 en Leviticus 20:8. Betekenis: God die Heilige (Aparte)
Yahweh Shalom
Gevind in Rigters 6:24. Betekenis God van Vrede
Yahweh Sabaoth
in 1 Samuel 1:3 en verder 285 keer in die Woord gebruik. Betekenis: God van die Leërskare.
Yahweh Raah (Roi)
in Psalm 23:1. Betekenis: God die Herder
Yahweh Tsedek
in Jeremia 23:6 en Jeremia 33:16. Betekenis God ons Geregtigheid
Yahweh Shammah
in Eseg 48:35. Betekenis: God is daar
Kadoshe Israel
In 2 Konings 19:22 : betekenis: “Heilige van Israel”
Elohe Israel
Soos in Gen 33:20 en 1 Kon 16:33. Betekenis: “God van Israel”
Al hierdie byvoeglike naamwoorde beskryf die aard en karakter van Ons VADER, naamlik dat Hy die Almagtige is en dat Hy voorsien, dat Hy daar is as Herder om vrede en genesing te bring en dat Hy geregtigheid en heiligmaking vir sy volk bewerk.