DIE BYBEL GEE LEWE
DIT BEVAT
Die wil van God
Die verlorenheid van die mens
Die weg na saligheid
Die verdoemenis van sondaars
Die blydskap van gelowiges
Die lig wat ons lei
Die voedsel vir die gees
Die troos om ons op te beur
DIE BYBEL IS
Die reisiger se gids
Die pelgrim se staf
Die loods se kompas
Die soldaat se swaard
Die Christen se karakter
‘n Myn van hoop
‘n Paradys van heerlikheid
En ‘n rivier van blydskap.
DIE BYBEL IS BELANGRIK OMDAT
Die inhoud heilig
Die voorskrifte bindend
Die verhale waar
Die besluite onveranderlik
Die sentrale figuur Christus
Toeweiding die mikpunt
En die verheerliking van God die eindpunt is.
DIE BYBEL BEHOORT
Ons gedagtes te vul
Ons harte te regeer en
Ons voete te lei.
DIE BYBEL LAAT JOU NOOIT VERGEET DAT
Jy dit eintlik van God ontvang
Op die oordeelsdag oopgemaak en
Vir ewig onthou sal word nie.
Dit eis die grootste verantwoordelikheid
Betaal die hoogste loon en
Straf almal wat dit nie glo die swaarste.