DIE WONDER VAN GOD SE WOORD (5)

DIE NUT VAN DIE BYBEL

Die Bybel is vir ons:

Die handves van ware staatkundige vryheid

Die voorloper van minsame beskawings

Die insteller van owerheidsgesag

Die vormgewer van regverdige wetgewing

Die resep vir volksvoorspoed

Die gids van die geskiedenis

Die dryfveer agter die meeste letterkunde

Die besieling vir liefdevolle filosofieƫ

Die handboek van die etiek

Die lig vir die verstand

Die antwoord op menslike versugting

Die lig in geestelike donker

Die vyand van bygeloof

Die teenstander van alle verdrukking

Die daarsteller van lewensstandaarde

Die trooster in beproewing

Die krag in swakheid

Die rigtingwyser uit verwarring

Die ontsnaproete uit versoekings

Die bron van alle eerbare idees

Die gewer van lewe

Die belofte vir die toekoms

Die lig in die doodskaduwee

Die onthuller van God

Die reisgids vir ons lewe.