DIE BOODSKAP VAN DIE BYBEL
Die Bybel is in hoofsaak met die verhaal van God se verlossing in Jesus Christus gemoeid. As ons die Bybel lees, maar die verhaal van verlossing mis, mis ons die boodskap en betekenis van die Bybel. Die verhaal van Jesus is in feitlik elke boek van die Bybel te vinde. Hy is die volgende:
Genesis: Die Saad van die vrou
Exodus: Die Paaslam
Levitikus: Die versoenende Offer
Numeri: Die geslane Rots
Deuteronomium: Die Profeet
Josua: Aanvoerder van die Here van die leƫrskare
Rigters: Die Een wat skuld aflos.
Rut: Die heilige Familielid
Samuel, Konings en Kronieke: Die beloofde Koning
Nehemia: Herbouer van die volk
Ester: Die Advokaat
Job: Die Verlosser
Psalms: Ons Alles
Spreuke: Ons Voorbeeld
Prediker: Ons Doel
Hooglied: Ons Tevredenheid
Die profete: Die komende Vredevors.
Die Evangelies: Hy wat gekom, gesoek en gered het
Handelinge: Die opgestane Heiland.
Paulus se briewe: Die Een aan God se regterhand
En in Openbaring: Die ewige, regerende God.