DIE WONDER VAN GOD SE WOORD (1)

 Ds A. E. van den Berg

DIE SEWE WONDERS VAN GOD SE WOORD

Daar word dikwels van die sewe wonders van die wêreld gepraat, maar wat van die sewe wonders van die Bybel?

  1. Die wonder van sy ontstaan. Die wyse waarop dit ontstaan en oor ‘n tydperk van 1500 jaar gegroei het, is een van die wonders van alle tye.
  2. Die wonder van sy eenheid. Alhoewel dit net een boek is, is dit in werklikheid ‘n biblioteek van 66 boeke.
  3. Die wonder van sy ouderdom. Dis die oudste van alle boeke.
  4. Die wonder van sy verkope. Dis die wêreld se topverkoper.
  5. Die wonder van sy belangstelling. Alle mensegroepe lees dit.
  6. Die wonder van sy taal. Alhoewel dit hoofsaaklik deur ongeletterdes geskryf is, getuig dit van hoogstaande litirêre gehalte.
  7. Die wonder van sy bewaring. Dis die mees gehate boek, desondanks bly dit vir ewig bestaan.