POUS FRANCISKUS KANSELLEER DIE BYBEL...

...EN STEL VOOR OM ‘N NUWE BOEK TE SKEP

Die Bybel sê:

Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Jesus Christus” (I Tim.2:5).

“...en op haar voorhoof was ʼn naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde” (Openb.17:5).  

Soos wat Babel die hoofsetel van afgodery in die OT tyd was, is Rome dit vandag en is die Rooms Katolieke Kerk die moeder van die gruwels op hierdie aarde. Dit is nou weer bewys toe die huidige Pous, Franciskus, homself weer bo God stel deur te aan te kondig dat die Bybel heeltemal verouderd is en ingrypende veranderinge nodig het. Die arrogansie ken geen perke! Hy sê hý kanselleer die Bybel en dat daar tydens ‘n vergadering van die belangrikste persone in die Roomse Kerk besluit sal word wat die naam en die inhoud van die nuwe boek sal wees waarmee hulle die Bybel wil vervang. ‘n Mens het nie woorde vir hierdie absolute Godsveragting nie! Waar ons nou in die tyd leef waar die satan ooglopend besig is met verskeuring van alles wat God se stempel dra, behoort die Pous se aankondiging mens nie te verbaas nie maar dit bly een van die skokkendste optrede van die RKK ooit.

Die RKK is verstikkend outokraties. Lidmate het geen inspraak in die samestelling van die plaaslike kerk nie. Ook nie in die keuse van priesters, kerklike administrasie, geskrifte of gemeentelike bates nie. Mense moet hul onvoorwaardelik aan die kerk se gesag onderwerp en alle voorskrifte gehoorsaam. Daarom dat Franciskus sonder skroom kan aankondig dat die kerk nie kan aanhou om die publiek in ‘n totaal nuwe wêreld te probeer inpraat met ‘n “boek” wat duisende jare oud is nie want dit is wat die RKK doen, om mense in te praat in afgodery en sataniese bedrywighede. Ons verloor volgelinge en ons moet 'n stap verder gaan in die soeke na die modernisering van die kerk”, sê hy.

Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees!” (Gal.1:8).

Lidmate ag hul aan die opdragte van die Konsilie van Trent (16de eeu) gebonde, onder andere dat ʼn priester ʼn man van God is. Wie hom verag, verag God en wie na hom luister, luister na God. Hy kan ook soos God sondes vergewe. Die RKK eis van lidmate om die gesag van kerklui onvoorwaardelik oor die hele spektrum van hul lewe te aanvaar.  Daarom kan die Pous doen en sê soos hy wil om die satan se werk in die kerk te bewerk en te bespoedig en sal hierdie aankondiging om die Bybel te kanselleer en ‘n sataniese geskrif in plek te stel, wel realiseer. Die sataniese bedrywighede sal voortgaan soos ook hulle feeste, rituele en seremonies wat van Babiloniese oorsprong is, ‘n afgodery wat 300nC in die vroeë kerk vastrapplek gekry het.

Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar nou ook baie antichriste … Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie …” (1Joh.2:18,19).

Laat ons dan veral nou na Jesus se waarskuwing luister:

Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is” (Mt.7:15).

“En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, *dan sal God sy deel wegneem uit *die boek van die lewe en uit *die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.” –Openbaring 22:19