ELIA EN ELISA (1)

MANNE  VAN GOD

Lees reeks by Boek: ELIA EN ELISA

Dr JP Botha

Elia, die eerste van die groot profete in die Ou Testament, wat op bevel van die Here die volk moes waarsku om nie die afgodediens van koning Agab na te volg nie, was 'n man van die veld, wat die eensaamheid en die stilte in die natuur tussen die berge liefgehad het.  Daar het hy in sy afsondering sy krag geput  uit sy daaglikse gemeenskap met God, waar hy tuis was tussen die bleek heuwels en die eensame berge.

Hy het feitlik 'n asketiese lewe gevoer, weg van die gedrang van mense in die stede, maar hy het nooit gehuiwer om onverskrokke voor die massas en die vyandige koning te staan en die Woord van die Here te verkondig nie.

Elisa, die tweede van die groot profete van die Here, was nie soos sy voorganger 'n alleenloper nie, of 'n seun van die woestyn nie, maar het op 'n vreedsame plaas in die Jordaanvallei grootgeword.  Hy was meesal in die stad, of by die profetegemeenskap, of by sy huis in Samaria. Hy het hom met die alledaagse lewe van die volk bemoei, mense uit hul moeilikheid gehelp en 'n aktiewe aandeel aan die politiek geneem.

Die groot Elia het ook die volk se toewyding geniet, maar het nie so in kontak met hulle geleef soos Elisa nie.  Elisa was nie so 'n groot konfrontasiemens soos Elia nie.  Hy het deur al die wonders wat deur hom plaasgevind het, bewys dat God ook aandag skenk aan die klein dinge in menselewens, aan die konkrete, alledaagse behoeftes van die mens en nie net aan volkskrisisse nie. Daarom word die mens geroep tot naastediens en praktiese hulpverlening. So het Elisa die toewyding en geloof in God onder die volk bevorder.

Die twee groot profete vertel nou elkeen persoonlik vir ons hoe hulle deur God gebruik is om in die bres vir sy volk te staan, in 'n tyd toe Israel deur goddelose konings tot afgodediens verlei is.

Elia gaan met sy wonderlike verhaal begin en na sy hemelvaart, kom Elisa aan die beurt.

Mag u 'n geseënde rukkie deurbring in die geselskap van hierdie twee groot manne van God.

______________

 

Inhoud

Voorwoord

Die skeuring

My herkoms

Afgodediens by Salomo

Staatkundige probleme

Die skeuring

Agteruitgang

Baäl kry vastrapplek in Israel

Verdere onrus in Israel

Goddeloos maar bekwaam

Die wonderlike Samaria

 

Gruwelike afgodediens

Agab neem oor

Die Baäl-diens word gevestig

Isébel

Die Baäl-diens floreer in Israel

Geweeg en te lig bevind

Isébel verag Israel

Ek word God se boodskapper


Die groot droogte

Na Samaria

My boodskap

Die droogte slaan toe

Ek vlug na Krit

Ek vlug na Sarfat

Die meel in die pot en die olie in die kruik

Haar seun sterf maar word weer opgewek

 

Op die berg Karmel

Agab soek weiveld

Die Here stuur my na Agab

Israel trek op na Karmel

Die uitdaging

Die Here is God!

Die Baäls word gestraf

Nou gaan dit reën!

 

Ek vlug na Horeb

Isébel wil my vermoor

Ek vlug

Onder die besembos

By Sinaï

In God se skool

Ek ontvang 'n nuwe opdrag

 

Agab se oorloë

Die sondes duur voort

Die Arameërs

Samaria word beleër

God gee uitkoms

'n Tweede oorwinning

'n Onheilige verdrag


Nabot se wingerd

Die Jisreëlvallei

Die wingerd

Kinderagtige Agab

Moordplanne

Die straf

Agab se berou

 

God se strafgerig

Opkoms van 'n nuwe wêreldmag

Die Assiriërs slaan toe

'n Nuwe bondgenootskap

Oorlog met die Arameërs

Die 400 profete

Die leuengees

Die geveg

Agab sneuwel

Ahasia sit afgodediens voort

Ahasia se ongeluk

My laaste opdrag

Deur vuur verteer

Ek gaan na Samaria

Joram word koning

Uitroeiing van Agab se geslag

Elisa

 

Na die paradys

My herkoms

Gesalf as profeet

My opleiding

Sy aardse taak is afgehandel

Elia se laaste reis

Die profetegemeenskap

Na Jerigo

Na die Jordaan

Die opvaart

Jerigo se water

Die twee bere

Water in die woestyn


Lieflike wonderwerke

Die byl dryf op die water

Die giftige kos

Kos vir 100

Die weduwee se olie

Die Sunemmitiese vrou

Die Here sorg vir sy kinders


Naäman se genesing

Die krygsraadsitting in Damaskus

Die Arameërs wil my vang

Hulle word blind

Jy moet jou vyand liefhê

'n Dogtertjie word weggevoer

Naäman se siekte

Die brief

Gaan was jou in die Jordaan

Hoe sê 'n mens dankie?

Vanwaar, Gehasi?


Hongersnood in Samaria

Die Arameërs maak weer oorlog

Die beleg begin

Die honger begin knaag

Die twee vroue

Jy sal dit met jou eie oë sien

Die Arameërs vlug

Die vier melaatses

Volkome verlossing

Jy sal nie self daarvan eet nie

 

Meedoënlose Jehu

Jehu gesalf as koning

Joram se einde

Ahasia se einde

Isébel se einde

Die dood van 70 prinse

Ek is 'n jaloerse God wat die misdaad

van die vaders besoek aan die kinders

Die slagting van die Baäl-aanbidders

Jehu se koningskap

 

Elisa neem afskeid

Na Damaskus

Benhadad sterf

Hasael se oorloë

Jehu se opvolgers

My siekte

My toekoms

Epiloog

 

Van dieselfde Skrywer:

Langs die Toelanie

Met ryperd en Mauser

Voortrekkerpioniers in Oos-Transvaal

Die Mafeking-debakel

Die Bittereinders op die Pad van Suid-Afrika

Paulus, bittereinder vir God

Adina se Briewe...