Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons vra God in ons gebede soos Hy ons geleer het dat ons vergeef sal word, soos diegene vergewe wat teen ons oortree – nie omdat ons in staat is om die skuld van 'n vergryp of belediging te vergewe nie – maar net dat ons toorn, haat en wraaksug vrywilliglik uit ons hart verband kan word.
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (6)
083 444 7672)
Die voertuie is uitgepak en binne die erf getrek. Die spasie is amper te min, maar met ‘n gemeet en pas, kom hulle almal darem agter die heining. Die spens is tot teen die dak gepak met sakke rys, meel, mieliemeel en blikkieskos. Pakke gebottelde water staan opgestapel in die gang en sitkamer. Al die toerusting van die tuisgimnasium is op die klein spasie langs die voertuie gesit en dit word deel van die daaglikse roetine sodat al die mans en die jonger vroue ‘n uur per dag daarmee gaan oefen. ‘n Stuk skadunet hou darem die son weg.
Met die aanvanklike opwinding van die ryery, die aanval, die afwagting en die inrig van slaapplek, begin die skok stadig afwerk en hier en daar vlam humeure op, totdat die ou man almal bymekaar roep en die reëls van saambly uiteensit. Dis immers die ou mense se huis en al is die kinders en kleinkinders streng gesproke nie gaste nie, moet iemand beheer neem. Uiteindelik is almal meer gerus en rustig.
“Pa, hoe lank gaan hierdie storie aanhou?”
“Jy bedoel die gemors in ons land? Niemand sal kan sê nie. Dit wat nou gebeur het, is die kulminasie nie net van die afgelope amper drie dekades nie, maar het sy beslag al gevind in die laaste deel van die apartheidsjare. Toe reeds het van die Nasionale Party se mense die reserwes in die land begin stroop, met die veronderstelling dat dit iewers gebêre word, vir wanneer ons juis in hierdie posisie is, om buitelandse steun te koop.”
“Hoe bedoel pa om ‘steun te koop’?”
“Daar is baie min mense in die wêreld wat nie hulle prys het nie. Net soos die onderhandelaars by KODESA gekoop is ten gunste van ‘n oorgawe, so kan besluitnemers ook oorsee gekoop word, om die bittereinders te hulp te kom.”
“Waar is daardie reserwes nou? Is dit geld, met ander woorde dollars of ponde, goud, of wat?”
“Ek dink beide. Julle sal nie daarvan weet nie, maar met die hoogbloei van apartheid, so in die begin tot middel van die jare sewentig, kon jy ‘n Amerikaanse dollar koop vir nege en sewentig sent. Goud was toe maar so twee en dertig dollar ‘n ons en baie tonne goud is oorsee gesmokkel. Waar is dit nou? Ek dink dat toe die NP se mense destyds besluit het om ons uit te verkoop, het hulle die geld ook gevat.”
“Pa sê heeltyd ‘uitverkoop’. Is dit nie ‘n bietjie kras gestel nie?”
“My liewe dogter, hoe dink jy het ons gekom waar ons nou is? Dink jy werklik dat De Klerk en sy makkers nie voorsien het dat dit wat nou gebeur het, sal plaasvind nie? Selfs Margaret Thatcher, die destydse Engelse premier, het hulle gewaarsku dat die ANC bloot ‘n terroriste-organsisasie is en geensins in staat is om ‘n land te regeer nie en sy was nie alleen nie. Nie net ons land is uitverkoop nie, maar ons vryheid – ons is nou meer ingeperk as gedurende die Covid-storie – en ook ons lewens. Hoeveel blankes dink julle het die afgelope weke omgekom? Het julle ‘n idee hoeveel bloed nog gaan vloei, voordat ons klaar is met hierdie ‘storie’? Nie een van die baie faksies in ons land, en dit sluit blank, swart, kleurlinge, Indiërs in, en jy kan ook die swart mense in hulle eie stamme indeel, soos Zulu’s, Tswanas, Pedis, Vendas, Sothos, Xhosas, kan bekostig om oor te gee nie. Sodra ‘n groep hensop, sal hy totaal uitgewis word, glo my.”
”Wie sal wen?”
“Die groep wat die vasste, die langste in hulle saak glo”.
“Mother’s cheery little comforter, is Pa nie?”
“Ek het nie hierdie situasie geskep nie, ek het dit net sien kom.”
*
Demas beweeg vinnig en so stil moontlik. Dis nie werklik haalbaar om regtig geruisloos deur die berg te hardloop nie, daarvoor is daar te veel droë blare, brosgebrande takkies en los klippe. Hy gaan staan elke minuut of twee stil en luister.
Hy onthou dat hy iewers gehoor het ‘n mens moenie van links af na regs probeer om beweging of voorwerpe te sien nie, maar eerder, van regs bo na links onder. Omdat Westerse mense van links af lees en bekende woorde nie werklik letter vir letter lees nie, maar onbewustelik herken, spring ‘n mens se oë daaroor. Van die ander kant af, egter, neem ‘n mens meer detail waar, soos iemand wat letter vir letter lees.
Na vyftien minute is hy redelik seker dat hy vir eers veilig is. Hy neem nou tyd om die geweer te bekyk. Daar is geen naam op gegraffeer nie, en die enigste skrif is aan die geweer se linkerkant, skuins bokant die sneller op die romp. Daar is ‘n “S”, ‘n “R” en ‘n “A” gestempel en dis in wit gekleur. ‘n Armpie met ‘n knop aan die voorkant kan van die een na die ander letter beweeg en hy aanvaar dis die veiligheidsknip, met die “S” vir “Safe”, “R” vir “Repeat” en “A” vir Automatic, of soos die ou soldate gesê het, dan praat hy Afrikaans.
Aan die agterkant van die raam, naby die kolf, is ‘n nommer met agt karakters gestempel. ‘n “R”, gevolg deur ‘n reeks syfers. Alhoewel die wapen nie ‘n naam êrens op het nie, het hy al genoeg foto’s gesien van die Grensoorlog en sy pa se dienspligjare, om te kan weet dat hierdie geweer ‘n R1 is. Dis nie baie swaar nie, as hy moet raai sowat vyf kilogram, en is maklik hanteerbaar. Bo-op die rompdeksel is ‘n stel ringe aangebring, waarin ‘n Schmidt&Bender 4-16X50 teleskoop aangebring is. Die voorste deel van die teleskoop is sò groot, dat dit net-net nie aan die geweer self raak nie. Hy hou van die ding, maar ervaar ‘n tikkie heimweë na sy Winchester.
Na nog ‘n veertig minute, waarin hy met ‘n halfsirkel om die vyand beweeg, is daar ‘n bult, seker nie meer as agt meter hoog nie, waarop hy klim. Voordat hy bo is, gaan lê hy plat op sy maag en skuif versigtig vorentoe, totdat hy bo-oor kan kyk. Hy druk ‘n paar grashalms versigtig weg en breek ‘n groen takkie af.
Hy is nie baie verbaas nie as hy ten minste vier van die vyand onder hom kan sien. Hy is nou met ‘n verdere probleem opgesaal: hoe weet hy die geweer is reg ingestel en dat dit ook vir sy oë reg is? Die fokus is nie ‘n probleem nie en hy stel dit reg, maar waar skiet die geweer? ‘n Wrang glimlag kom op sy lippe. Hy sal die geweer maar op die vyand instel.
Sy eerste skoot, wat hy skat op sowat een honderd en tagtig meter is, is effens hoog en links. Dit kan hy aan die bloedkol sien. Onmiddellik begin skote in sy rigting klap, maar hy is seker hulle weet nie presies waar die knal af gekom het nie.
Hy seil stadig en ongesiens agteruit, nie ver nie, net sowat twee meter, sodat hy onsigbaar van onder af is, haal hy die doppies bo en langs die teleskoop af, draai agt klieks regs en ses af. Hy plaas die doppies terug.
“Six down, ten to go,” dink hy.
*
Dis donker in die huis, behalwe vir ‘n flits of twee wat rondbeweeg, ‘n gaslamp in die sitkamer, wat agter gordyne en komberse wat oor die vensters gehang is, wat lig maak. Water is nou nie ‘n baie groot probleem nie, solank as wat die diesel gaan hou en dit word baie spaarsamig gebruik. Die diesel kragopwekker gebruik so ‘n rapsie minder as ‘n liter per uur en wanneer dit aangeskakel word, maak dit die ys- en vrieskaste koud, pomp water en die ketel warm vir koffie.
Toiletspoel is egter ‘n ander saak en dit maak nie saak of jy ryk of arm, oud of jonk is nie, as jy moet gaan, moet jy gaan. Die ou man dink daaraan dat dit nie ‘n slegte idee sou wees indien hy ‘n chemiese toilet aangeskaf het nie. Al wat hulle nou kan doen, is om ‘n hout-stellasie te bou en in die ou huisbediende-toilet op te rig, met ‘n twintig liter plastiek-emmer onder in. Een maal per dag word dit onder gewapende begeleiding die veld ingedra (gelukkig nie baie ver nie) en daar begrawe. Die emmer word ontsmet voordat dit terugebring word. Dis harde werk, maar dis baie belangrik.
“Om te dink ons is in die een en twintigste eeu weer terug by die emmerstelsel!”
“Ja. Almal sê gereeld ons moet die groter prentjie sien, dat daar ‘n persoon of aantal mense is wat hier iewers oorkoepelend die toutjies trek, dat dit afgewentel word na die geldmag toe en daarvandaan na die sentrale banke, regerings en so uiteindelik hier onder na ons toe. Dis alles goed en wel, maar wat kan ek en jy daaraan doen? Niks. Ek weet nie of George Soros die grootbaas is nie, of Klaus Schwabe, Bill Gates of die grootkop van die Illuminati nie. Ek is nie seker hoe steek die hele organisasie van daar af in-een nie, watter aandeel die Vrymesselaars, die Wêreldbank, die WGO, Wêreldraad van Kerke of die Broederbond het nie. Wat nou en hier belangrik is, is die klein prentjie – hoe ons vandag en vanaand, môre en volgende week gaan oorleef.
“Hoe ons nie net ons kosvoorraad oordeelkundig moet gebruik en aanvul nie, maar ook hoe ons dit gaan beskerm. Ons moet in ag neem dat die kleintjies skool-onderrig moet kry, dat hulle ‘n bietjie vryheid moet ervaar en nie hier agter die muur en heinings ‘n ingeperkte lewensuitkyk moet hê nie.
“Ons moet voorbereid wees as een van ons ernstig siek word, seerkry, soos ‘n diep sny of ‘n beenbreuk. Ons is reeds sonder internet en selfone, en die landlyne is lankal afgesteel. Ons is dus, behalwe vir die klein radiotjies, sonder kommunikasie, maar nie net dit nie. Ons het gewoond geraak aan elektroniese vermaak, soos speletjies, gesprekke en inligting. Nou moet ons dit vervang met boeke en kaartspeletjies, ensiklopedieë en waar moontlik, speletjies buitekant, nie net met die kinders nie, maar ook tussen grootmense. Gelukkig het ons nog die vingerbord. Ons moet oefening kry, nie net in die gim nie, maar al moet ons om en om die huis loop, dis belangrik.”
“Hoe lank dink Pa gaan dit aanhou?”
“Julle het al gevra en die antwoord bly dieselfde: dis onmoontlik om te sê. Minimum ‘n paar maande, maar ek sal nie verbaas wees as dit ‘n jaar of twee, of selfs langer kan aanhou nie.”
“Wat voorsien Pa gaan gebeur?”
“In die afsienbare tyd? Meer geweld en desperaatheid, wat net meer en meer honger mense tot gevolg gaan hê. Waar die gepeupel nou half ongeorganiseerd is en bloot in massas mekaar opsweep, gaan daar vinnig leiers onder hulle opstaan, wat in krygshere gaan ontwikkel. Hulle gaan nie net die blankes aanval en probeer beroof van alles wat eetbaar is nie, maar mettertyd vir mekaar. Dit verskil nie baie van die Middeleeue nie, waar leiers hulle omsingel het met ‘n sterkman-gevolg, ander aangeval en die onbruikbares om die lewe gebring het en mettertyd ‘n klein leër word. Hierdie leiers noem hulleself nou ‘generaal’ of ‘president’, waar dit in die ou tyd ‘koning’ was. Uiteindelik sal daar net twee groot bendes of leërs wees en hulle sal voordurend aanmekaar spring. Onthou wat in Rwanda tussen die Hutu’s en Tutsi’s gebeur het.”
“En waar laat dit vir ons?”
“Eenkant, vir eers. Ons hou so ‘n lae as moontlike profiel. Ons wys nie dat ons kos en diesel het nie. Ons sorg dat ons nie uitgelok word nie. As en wanneer ons aangeval word, slaan ons hard terug, maar soek nie moeilikheid nie. Dit sal gou bekend word dat dit nie die moeite werd is om ons te kom pla nie. Mettertyd sal daar ‘n sterk leier onder ons mense opstaan, en dan sal ons saam met hom en hulle baklei.”
“Gaan die buiteland ons nie kom help nie?”
“Kyk maar wat het in Mosambiek gebeur. Honderde, miskien duisende mense is om die lewe gebring deur die Moslem-fanatici. Na weke het niemand regtig kom help nie, behalwe om hulle eie mense veilig te kry. Daardie gedeelte in die Capo Delgabo-streek is uiters ryk aan olie en aardgas. So, moenie dink ons het iets wat die mense in Europa of Amerika gaan oorreed om ons te kom help nie. Ons politiek is ook so inmekaar verweef, dat dit moeilik is om kant te kies. Nee, ons is op ons eie.”
“Wat is ons grootste uitdagings?”
“Behalwe dat ons aangeval sal word, ons kos en brandstof min sal word, een van ons siek kan word of seerkry? Om mekaar te verdra in ‘n beperkte spasie. Ons sal moet waak teen geïrriteerdheid, vennynigheid en ongeskiktheid. Van ons sal ons gedragspatrone moet aanpas om nie vir die ander aanstoot te gee nie. Ons sal moet leer om te deel en nie die een meer as die ander wil hê nie, hetsy kos, geriewe of wat ookal. Ons moet weet hoe om op te tree as depressie sy kop uitsteek.”
“Dit gaan nie so maklik wees nie.”
“Nee, dit sal nie.”