Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God het ons nie die lewe gegee om dit so ver as moontlik uit te rek nie. Hy het ons die lewe gegee as ʼn geleentheid om vir die ewigheid voor te berei.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (33)
083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
Five alleged Boko Haram bandits were shot and killed in Bronkhorstspruit, Tshwane on Monday.
The Boko Haram bandits who are believed to be from Mamelodi, reportedly went to a road construction site in Bronkhorstspruit on Monday with an intention to disrupt work on the project and demand a 30% share.
Their dead bodies were later found in an open field in Cullinan.
It is widely believed that after the altercation they had caused at the construction site in demand for a 30% share in the project, the Boko Haram bandits were abducted on their way home to Mamelodi, tortured and killed before being dumped in an open field in Cullinan.
A statement released by Gauteng SAPS spokesperson Colonel Mavela Masondo reads as follows:
“Police have opened a case of five counts of murder, after dead bodies of five males were discovered in an open field riddled with gunshot wounds.”
“The motive for the killing cannot be confirmed at this stage and police are searching for suspects and no arrests have been made.”
*
Wanneer Skeer buite die tent kom, is daar net ‘n effense rooi skynsel na die ooste, maar dis lig genoeg vir hom om te kan sien die hele landskap na sy linkerkant het verander. Die hele bokant van die bult het afgegly in ‘n kombinasie van ‘n sneeu en modderstorting. Frans se Mitsubishi het die volle mag van die storting gekry en net die voorste ligte, met ‘n deel van die sierrooster en die fris buffer steek onder die modder, klippe, en sneeu uit. Die res van die groep, hulle tente en voertuie het die storting ontsnap.
“Waar is Frans?”
“Hy het in sy kar geslaap.”
Skeer hardloop na die Pajero en probeer die modderige sneeu van die windskerm afvee, maar dis te dik en vreemd hard. Hy hardloop terug na die Land-Rover toe, kry sy kort opvou graaf, hardloop terug na waar Frans heel moontlik nog in die kar is en begin naarstigtelik die spul weggrawe. Uiteindelik voel hy iets hard en as hy verder krap, sien hy die windskerm se blink. Met nog ‘n paar grawe se sneeu en hy kan Frans sien, waar hy kap aan die binnekant van die voorruit.
“Staan weg, Frans!” roep Skeer en met die skerpkant van die graaf kap hy na die ruit. Die glas is baie harder as wat hy gedink het en dis eers na die sesde hou wat die glas versplinter. Met die voorkant van die graaf maak hy die gat groter en uiteindelik kan Frans uitklim. Hy gly op sy boude oor die gladde enjinkap en val dan op die sneeu neer.
“Ek skuld jou, Ouboet!”
Skeermes gee onwillekeurig twee kort stappe agteruit, struikel oor een van die grawe en val plat op sy rug. Hy is uitasem en stamp sy kop teen ‘n klip wat onder die sneeu verberg is. Hy voel hy sien sterre, maar as hy sy oë oopmaak, sien hy iets anders. Vir eers is hy nie seker wat dit is nie en lê nog ‘n ruk om seker te maak.
“Het jy seergekry?” vra Maya bekommerd.
Skeer kom stadig orent, kyk skuins agter hom om seker te maak hy val nie weer oor iets nie en kyk weer op.
“Maya, wat sien jy daar?” vra hy en wys na ‘n voorwerp wat halfpad na bo by die sneeu en modder uitsteek.
“Waar,” vra sy en kom staan styf teen Skeer. Sy kyk langs sy uitgestrekte arm en vinger na waar hy wys.
“Dis ‘n stok.”
“Nee, dis ’n verwerkte stuk hout. Kyk, dis baie reguit en te lank vir ’n onverwerkte tak of so-iets.”
Arno, Ezra en die ander kom nou ook nader.
“Ek sien waarna jy wys.” Arno lig sy geweer op, kyk deur die teleskoop, terwyl hy aan die fokus stel.
“Dit is definitief nie natuurlik nie. Daar is ‘n staal of yster ring aan die voorkant.”
‘n Hele stuk stilte volg.
“Ek kan sweer, soos Ezra sou sê, dat dit ‘n wa se disselboom is…”
“Kan dit wees?...”
“Daar is geen manier waarop ons daar kan kom in hierdie nat en gladde modder om te kyk nie. Ons sal moet wag tot dit droog is.”
“Nee, glad nie. Dis te gevaarlik om so lank hier te bly en soos die weer nou vir my lyk, gaan dit nie vinnig opklaar nie.”
Dons het ‘n tagtig tree of so na die verkant, weg van hulle voertuie geloop en nadat hy ‘n ent opgeloop het teen die helling en later hande-viervoet, kom hy terug.
“Ek kan met die Jeep daar opry.”
“Ek dink nie so nie.”
Dons antwoord nie, loop na die CJ7 Jeep toe, haal alles van die bak af en skakel die enjin aan, wat onmiddellik vat. Die Toyota 1HZ dieselenjin grom gewillig met die tweede draai van die aansitter en hy kom nader gery. Met die oordrakas in vierwieldryf laestrek, die agterste ewenaar gesluit en met sy hande aan die stuurwiel geklem –duime natuurlik buite die speke – begin hy die skuinste uitklim.
Die eerste paar meter gaan bedrieglik maklik, maar dan begin die groot, knobbelrige bande gly, soos die taai en gladde modder die holtes tussen die knoppe volmaak en later is dat glad, soos ‘n formule 1 renmotor s’n. Wanneer hy egter die enjinrewolusies opjaag en die groot bande vinnig draai, skud dit van die modder af, wat in hoë suile weerskante van die voertuig trek.
Minder as halfpad na boontoe gaan staan die Jeep en Dons draai die voorwiele van die een kant na die ander toe, terwyl die wiel traksie soek in die modder. Die groepie wil hom aanmoedig, maar die helling is so skuins dat hulle hulle asem ophou in blote vrees dat hy agteroor kan val. Uiteindelik is dit duidelik dat die voertuig nie verder vorentoe kan gaan nie en die wiele sak dieper in die modder weg, totdat die ewenaars in die sagte goed weggesak is.
Dons trek die handrem stewig op, skakel die enjin af en versigtig, om nie vinnige bewegings te maak en die voertuig agteroor te laat kantel nie, klim hy uit, kruip tot voor die voertuig en maak die wenas los, waarvan hy die kabel om sy lyf draai, die haak aan die agterkant vasmaak en dan kruip hy stadig, maar sterk, op na boontoe. Na ‘n klompie meter wag hy om sy asem terug te kry en na ‘n halfminuut klim hy verder. Naby die kruin is ‘n boompie wat hardnekkig vasklou aan die bokant van die skuinste en hy beur vinnig vorentoe, gryp dit vas en trek homself na bo.
“Yes, Oom!” skreeu Kleinskeer van onder af. Dit breek die spanning en die ander mense blaas hulle ingehoue asem uit.
Dons verdwyn oor die krans, waar hy ‘n ent verder ‘n sterk, stewige boom kry, die wenas se kabel daarom vasmaak, so laag as moontlik natuurlik om nie ‘n hefboom te veroorsaak wat die boom kan ontwortel nie en loop al met die kabel langs terug na die Jeep. Sodra hy die eniin aanskakel en die handrem losmaak, loop die Jeep ‘n halfmeter agtertoe en Lucille skrik, los ‘n effense gil, waarna sy haar hand voor haar mond druk.
Die kabel ruk styf en met die wiele wat maal, die kontrole van die wenas in sy hande, die ander op die stuurwiel, kruip die Jeep al teen die kabel op. Wanneer die onderstel van die voertuig oor die skerp bokant skuur en effens haak, tot stilstand kom, jaag Dons die toere op en die kar kruip die laaste ent op tot bo. Hy haak die kabel van die boom af, ry tot reg bokant die voorwerp wat uitsteek, laat sak die kabel en dan gly hy daarmee af tot by die ding.
“Dis ‘n wa se disselboom!”
Hy grawe met sy hande in die losserige modder, dankbaar vir die dik, leer handskoene, en na ‘n paar sentimeter voel hy die hoek van iets hard. Half freneties nou, met die wete van wat hy het, grou hy aan. Na vyf minute het hy die ding los en hy trek met al sy krag daaraan. Skielik is dit asof die modder en sneeu hulle greep los en die kissie breek los, maar dis swaarder as wat Dons voor begroot het en dit val uit sy hand uit.
Die kissie tuimel teen die helling af, breek oop en ‘n halfmaan blink-goue munte val daaruit, wat op die bruin en wit van die modder en sneeu bly lê.