Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom gedenk ons vandag nog steeds die hemelvaart van Jesus Christus? Omdat God se liefde vir ons ewig is, en ons ewig dankbaar kan wees dat Hy sy Seun uit liefde na die aarde gestuur het om in ons plek aan 'n kruis te kom sterf sodat ons siele nie verlore gaan nie maar vir ewig by Hom kan wees wanneer ons aardse reis verby is. Daarom bring ons hierdie dag soos 'n Sondag deur en daarom word vanaand talle dienste deur die land gehou om ons dankbaarheid en eer aan Hom te betuig. Kom ons doen doen dit dan en daag in groot getalle daar op.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (21)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die ekonoom Murray Rothbard verduidelik in sy kort boek, The Anatomy of the State, dat een van die primêre doelwitte van state is om hul mag as óf noodsaaklik óf onvermydelik te posisioneer. Die skadelike absurditeit van die EEAA wys dat dit nie nodig is nie, en die oorweldigende weerstand daarteen beteken dit is nie onvermydelik nie.
*
“Kaping” in Suid-Afrika is nie ‘n nuwe tendens nie. Jan Alleman ervaar persoonlike kaping wanneer sy voertuig iewers langs die pad deur misdadigers van hom of haar weggeneem word. Al meer en meer mense voel dat nie net die referendum nie, maar ook die eerste “demokratiese” verkiesing gekaap was deur die stemtellers – en die vyf verkiesings daarna ook, in ‘n mindere of meerdere mate. Inderdaad het Stalin gesê die mense wat die stemme tel is veel meer in beheer en belangrik as die mense wat hulle stemme uitbring.
Reeds onder die Mandela-bewind is die eerste treë van staatskaping gegee en die wapenskandaal, wat niks anders was as die kaping van staatsgeld nie, se hofsake duur reeds meer as twintig jaar. Die blatantste staatskaping het natuurlik gebeur tydens die presidentskap van Jacob Zuma, maar selfs daarna is die remme nog nooit aangeslaan nie. Die meeste mense, binnelands en buite, het geglo dat Cyril Ramaphosa ‘n ommekeer daaraan sou maak, maar die Zondo-kommissie en die openbaarmaking deur André de Ruyter betreffende Eskom, het die gordyn effens oopgetrek en die gewone burger se verstand word benewel deur die reuse bedrae wat stadigaan onthul word. Dit word vererger deur die sogenaamde “kaderontplooïng”, wat niks anders is as om hoogsbetalende poste te gee aan makkers wat nie ‘n snars weet van wat hulle moet doen nie.
Met die besef dat die staatskas leeg gekaap is, word die privaatsektor geteiken – dit het in werklikheid reeds gebeur met die instelling van Regstellende Aksie, Transformasie, BEE, BBB-EE, Swart Ekonomiese Bemagtiging en nog meer – met die veronderstelling dat die besighede in blanke besit nog steeds baie geld het. ‘n Mens sou tereg kon praat van “Sake-sektorkaping”.
Menige ontleder sou kon sê dat daar twee primêre redes sou wees vir hierdie kapings. Die eerste is voor-die-hand-liggend, naamlik om so gou as moontlik soveel geld moontlik in die hande van die swart elite te plaas. Die ander rede is minder ooglopend, maar net so waar en dit is om die blankes te verarm en sodoende te ontmagtig. ‘n Mens sou lank kon debateer oor die redes daarvoor, of dit die uitoefening van wraak is, blote onkundigheid, en of daar ‘n eksterne rede is, vanuit magshebbers en voorskriftelikheid uit die buiteland.
‘n Mens sou “resilient” in Afrikaans kon vertaal met “veerkragtig”, maar daar is veel meer aan die Engelse woord. Dit sou ook kon beteken om weerstand te bied, terug te keer na die oorspronklike posisie, buigbaar en herstelbaar, maar nie breekbaar nie. Dit sou ‘n uitstekende woord wees om die wese van die Boer te beskryf. Nie noodwendig net landbouers nie, maar die afstammelinge van die Voortrekkers, die manne en vroue van die Vryheidsoorloë, die heropbouers daarna, die planmakers gedurende die Groot Depressie, die soldate en kundiges gedurende die Grens en Binnelandse oorlog van 1966-1992.
Dis ook hierdie mense wat nie net staande gebly het gedurende die dertig jaar na 1994 nie, maar ook nuut gedink het, die krake in die staatsisteem benut het en selfs uitgebuit het. Veral die afgelope paar dekades het ‘n sisteem langs die staat begin ontwikkel, dit wil sê ‘n tipe paralelle staat. Alhoewel sommiges nog put uit die oorgeërfde bronne van pre-1994, met ander woorde van ou geld, is daar meer mense wat ryk word uit leemtes waar die nasionale regering, provinsiale en selfs die plaaslike regering te kort skiet. ‘n Paar voorbeelde sou wees:
- Staatswerkers wat eenvoudig nie weet wat om te doen nie, maar poste gekry het omdat hulle polities bemagtig is (connected) en “konsultante” aanstel, wat niks anders is nie as van die vorige blanke werknemers wat nou baie meer betaal word, om die werk te doen.
- Waar die polisie en weermag nie meer in staat is om die burgers (veral blankes) te beskerm nie, het die sekuriteitsektor geweldig gegroei, waar daar in 2022 dubbeld soveel personeel was as in die SAPD en SANW gesamentlik. Dorps- en plaaswagte patroleer snags (en soms bedags) hulle omgewing en werk feitlik slegs met die SAPD saam as hulle die oortreders gearresteer wil hê. Privaatspeurders en sekuriteitskonsultante sorg vir die opstel van verklarings en hou die polisie op hulle tone.
- Alhoewel die howe steeds onafhanklik is, gryp boendoe-howe (kangaroo-courts) meer kere in as tevore, soos die swartmense gefrustreerd raak met die regstelsel en reg in eie hande neem.
- Burgergroepe soos Afriforum en Solidariteit vra Noli Prosecui-dokumente aan om met privaatvervolging van kriminele aan te gaan, waar die staat tekort skiet.
- Waar mense dit kan bekostig, installeer hulle sonpanele, omsetters, batterye en kragopwekkers in, om mettertyd onafhanklik te raak van die leeggesuigde en kruppel Eskom, die staatsbeheerde elektrisiteitsverskaffer. Die siklus waarin Eskom homself gevang het, is dat sy skuld steeds nie gedelg is nie en met al meer en meer huishoudings en selfs groter industrieë wat onafhanklik raak, verkoop hulle minder elektrisiteit, wat op sy beurt weer meebring dat die inkomste verminder. Intussen bly die uitgawes dieselfde en verhoog steeds, in ‘n groot mate, veral die salarisrekening. Dieselfde geld ook vir munisipaliteite, wat vir ‘n tekort aan elektrisiteitsverkope (natuurlik teen ‘n onverantwoordelike en onetiese winsgrens) hulle begrotings nie meer kan laat klop nie.
- Met die waterkrisis wat nie slegs ondrinkbare water verskaf aan inwoners nie, maar in baie gevalle geen water nie, ontstaan privaatmaatskappye wat gesuiwerde drinkwater en water vanuit alternatiewe bronne in groot mate aan huishoudings verskaf.
- Huiseienaars huur tuindienste nie net om hulle tuine in stand te hou nie, maar ook die strate rondom die wonings skoon te maak. Die buitensporige minimumsalarisse en die sekuriteitsrisiko’s wat tuinmanne en huishulpe onindiensneembaar maak, veroorsaak dat vele huishulpe en voormalige tuinmanne sonder werk sit. Boere meganiseer waar moontlik en nuwe innoverende denke word gebruik om hande-arbeid te vervang.
- Waar die spoornetwerk nie meer bestaan nie, kom al hoe meer vervoermaatskappye op die been.
- Gevangenisdienste word uitgekontrakteer aan privaatmaatskappye.
- Al hoe meer private kontanthandel en ruilhandel kom voor, wat belasting en banke natuurlik uitskakel.
Mettertyd kom ‘n private nie-amptelike handelstaat naas die verkose, amptelike staat tot stand, en alhoewel die regering probeer om hierdie instansie te beperk met al meer en meer wette, is dit uiteindelik onkeerbaar. Die uiteinde is dat die regering minder en minder inkomste uit die burgers genereer, moet elke jaar meer geld leen om hulle begroting te laat klop (met 55 000 staatsamptenare wat elkeen meer as R1000 000 per jaar verdien en ‘n maatskaplik-sosiale las waaruit 28 000 000 mense elke maand geld kry). Vir elke bal wat die staat laat val, word ‘n burgerlike onderneming gestig wat dit optel.
Die staat word mettertyd bloot ‘n las vir die burgers en nie ‘n aanwins nie.
*
Maya Pentz staan op aandag voor die bevelvoerder se lessenaar. Sy het haar kamoefleeruniform verruil vir ‘n somersdrag-uniform, haar hare is gewas en versorg en sy het selfs ‘n titseltjie grimmering aan. As dit net nie vir die hardheid van haar onderkaak was nie, sou sy werklik mooi wees.
“At ease, Lieutenant.”
Maya kom op die plek rus, maar die kolonel wys vir haar om te sit.
“I see that your skills at sniping are excellent, Lieutenant.”
“Thank you, Sir.”
Hy trek ‘n dun lêer uit sy lessenaarlaai. Skuins oor die buitekant is in dik rooi letters gedruk: “TopSecret”.
“You did an exceptional…” hy wag ‘n hele paar sekondes om die korrekte woorde te gaan haal iewers in sy agterkop. “I mean, you did well, exceptionally well,” hy glimlag breed as hy die grammatika regkry, “in removing one of our sworn enemies. I have to congratulate you on that. How far was it, approximately?”
“It was exactly four hundred and forty seven metres, Colonel.”
“Two shots through the head?”
“That is a positive, Sir!”
“Do you feel remorse? What did you feel?”
Maya glimlag as sy een van die meer bekende Amerikaanse skerpskutters aanhaal.
“I only felt recoil, Sir.”
“That is not what I meant…”
Hy besef uiteindelik wat sy sê en glimlag weereens, hierdie keer om sy flater te probeer versag. Tog verdwyn alle vriendelikheid uit sy houding. Hy oorweeg dit selfs om haar te beveel om op te staan en op aandag te kom.
“Do you feel confident that you are up to a special task – one that will require you to be in the field for a while?”
“Off course, Sir!”
“That is fine, Lieutenant. It may require a combination of all your skills. I will inform you eventually, but in the mean time, I want you to get enough rest.”