GEBED VIR DIE WEEK

Dankie vir die wonder van die uitverkiesing en gevolglike redding van my siel. U raak mense in genade aan wat vir ander onwaardig lyk en maak hulle lewens nuut soos U met my gedoen het. Laat my derhalwe nooit op my goedheid roem nie. Goedheid hou mense uit die tronk maar net die bloed van Jesus hou mense uit die hel.

Hou my dus gehoorsaam aan u Woord en help my om te stop waar dit sê om te stop. Laat my nooit met dinge wat verkeerd loop saamloop nie. As daar iets in my lewe ontbreek, bid ek vir krag en insig om dit reg te stel. Help my ook om nie te ver vorentoe of agtertoe nie, maar eerder op te kyk.

U Woord sê dat U gelowiges nooit sal verlaat nie. Dankie dat ek dit elke dag in my lewe ervaar.   Vestig ‘n afwagting op die wederkoms van Christus by my en my geliefdes; ʼn dringendheid om reg te leef   Laat ons met geduld op die wederkoms wag, maar ook met verlange daarna uitsien.

Amen