ENGELE MET ‘N SENDING (15)

Lees reeks by Engele met 'n sending

Hy kom weer!

Hoe ver is ons op God se kalender?

As die mens se verblyf op die aarde vanaf die tyd van Adam en Eva, in ’n horlosie met twaalf ure geplaas kon word, glo ek dat ons nou heel aan die einde van die elfde uur is, op die punt vir die horlo­sie om twaalf te slaan! Daar is baie aanduidings dat ons nou vinnig besig is om na die einde van tyd, soos ons dit ken, te beweeg!

Jesus kom! Hy het nie gesê wanneer nie, maar Hy het vir ons gesê ons sal die tyd en omstandighede uitken. Ons ken die jaarseisoene want elkeen het sy eie tekens van wanneer hy kom. As die lente kom, begin die gras groen word en plante stoot hulle nuwe spruite uit. As die somer kom, begin die blomme bloei. Wanneer herfs kom, verkleur alles na oranje en bruin kleure, winter bring koue en ryp. ’n Mens kan die tekens sien en weet watter seisoen dit is.

Hoeveel tyd oor is, weet ons nie, maar wat ons wel weet is dat God elkeen van ons toegelaat het om in die opwindendste tyd in die hele geskiedenis te leef . . . 'n tyd waarin mense oor die hele wêreld reageer op God en op wat Hy besig is om te doen. Mense uit alle gelowe, uit alle vlakke van die lewe en uit alle nasionaliteite hoor God se roepstem en hulle kom!

Mense ontdek dat die belangrikste ding waarop hulle kan staan, die ewige Woord van God is! ’n Groeiende honger word in alle harte oor die wêreld geskep vir ’n beter begrip van God se beloftes. Mense leer dat God nooit sy karakter en nooit sy Woord sal skend nie!

“Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is (Johannes 14:2—-3). JESUS HET GESE HY SAL WEER KOM!

“...en daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ’n wolk, met groot krag en heerlikheid. En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is” (Lukas 21:25—-28).

“En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, wat sê: Galilese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” (Hand. 1:10—11).

Engele het die aarde besoek toe Jesus hier was. Vandag besoek hulle weer die aarde!

Het u opgemerk dat die engele gesê het: “Hierdie selfde Jesus?” Engele praat vandag net soos hulle toe gepraat het en bring die goeie nuus dat Hy kom! Hierdie selfde Jesus kom terug na die aarde toe! Ek weet beslis nie hoe en wanneer nie, maar ek weet beslis dat HY KOM! God het ’n ewigheid vol geheime waarvan Hy ons niks vertel nie, maar een ding wat Hy wel vir ons duidelik gemaak het is dat Jesus kom!

Die dissipels het met ’n dringende erns gevoel dat hulle moet voorberei vir die tweede koms van die Here. Hulle het uitgesien na die dag as “die Here self van die hemel (sal) neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met die geklank van die basuin van God “(I Thess. 4:16).

Paulus sê vir ons dat as ons glo dat Jesus gesterf het en uit die dood opgestaan het, ons ook moet glo dat Hy weer sal kom! “Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde” (I Thess. 4:18). Ons het iets opwindends om met ander mense oor te praat! As ’n mens sien dat hulle terneergedruk is, sê vir hulle: “Skep moed, Jesus kom weer!”

Ons vind hierdie positiewe geloof op baie plekke in Paulus se briewe. Hy sê ’n gedeelte van die goeie Nuus is dat God in beheer is van dinge en dat jy nie bekommerd of gespanne hoef te wees nie en wonder of jy gereed gaan wees as Jesus kom. Daar mag baie mooi dinge en ook baie probleme op die pad wees, maar as jy aan Jesus se kant is en Hom dien, is jy in God se familie en Hy sal jou “gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar by die wederkoms van onse Here Jesus Christus”. “Hy wat julle roep is getrou; Hy sal dit ook doen” (I Thess. 5:23 en 24).

Een van die mooiste dinge omtrent hierdie boodskappe wat die engele uit die hart van God bring, is dat hulle dit moontlik maak vir mense om nuwe oorwinnings te verkry. Hulle kan ontspan, ophou om te probeer en sy lewe toelaat om deur hulle te vloei. Daardie “deurvloei” van sy lewe sal al daardie probleme en situasies wat jou bekommer, die hoof bied. As ons ons oë op die antwoord, dit is Jesus, hou in plaas van op die probleem, sal ons dit maklik vind om sy lewe deur ons te laat vloei.

Jakobus praat daarvan in die vyfde hoofstuk, verse sewe en agt: “Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die weder­koms van die Here is naby.”

Petrus het gepraat van die tyd dat Jesus uit die hemel geopenbaar sal word. In I Petrus 1:13 sê hy dat ons kan ophou om ons te bekom­mer en ons kan gerus wees in die wete dat Jesus ’n hele klomp genade met Hom gaan saambring wanneer Hy kom.

Ons hoef nie te kyk na die swakhede, die swaarkry en probleme rondom ons nie, ons moet begin kyk na daardie spesiale genade wat na ons toe gebring gaan word by die verskyning van Jesus as Hy uit die hemel geopenbaar gaan word. “ . . . wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle . . .”(Kol. 1:27).

Johannes praat van die wederkoms van Jesus in I Johannes 3:2 waar hy sê dat dit nog nie geopenbaar is wat ons sal wees nie, maar wanneer Hy verskyn, gaan daar iets gebeur! “Maar ons weet dat ons, as Hy verskyn aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is!”

Judas praat van sy wederkoms na die aarde toe in die 24e vers waar hy sê: “Aan Hom wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig.” Judas het dit geglo en hy het mense aangemoedig om op te hou om hulle te bekommer dat hulle sal val. God is groot genoeg om jou te roep, om jou te help en om jou te bevry van al jou sondes.

Al die tekens in die geskiedenis vertel vir ons dat Hy kom! Sosiale standaarde wat die vergrotende aktiwiteit van Satan hier op die aarde onderstreep, die fisieke tekens op die aarde en die groot geestelike beweging wat ons sien, alles wys op die wederkoms van Jesus! Daar is niks aan te twyfel nie. lets is vandag aan die gebeur in die geestelike sfeer van die wêreld en ons is ’n lewende deel daarvan!

As ek dink aan die wederkoms van Jesus, onthou ek duidelik die roerende woorde van Gabriël toe hy gesê het: “Daar was nog nooit soveel opgewondenheid en aktiwiteit in die hemel vandat Jesus vir die eerste keer gekom het, as wat daar op hierdie oomblik is nie!”

AMEN, JA KOM, HERE JESUS!