Lees reeks by Engele met 'n sending
U is toegedek (Versoening)
Die boodskap van versoening is ’n geweldige kragtige en bevrydende boodskap vir Christene. Dit is ’n boodskap wat in God se ontplooiende plan ingesluit is vir vandag, en dit is ’n boodskap vir elke persoon wat op die aarde leef, of wat sal leef, voor die finale dag van die Here aanbreek. Versoening beteken eintlik om toe te dek.
Gabriël het my gewys hoe om die diagram te teken wat die belangrikheid en die funksie van versoening verduidelik.
Hierdie drie-voudige boodskap is vir hulle wat vir God lewe, vir hulle wat onverskillig is, en vir die ongelowige, om vir hulle God se ontsaglike grootheid te toon. Hierdie boodskap is so belangrik dat dit deel uitgemaak het van elke besoek van die engele. Dit is die fokuspunt van die hele geskiedenis en vir alle mense — dit is die middelpunt van God se verlossingsplan vir die mensdom. Dit is die wegspringplek vir die ewigheid.
Die dringendheid en belang van hierdie boodskap is so betekenisvol dat ek voel die Here dring my om vir u te se dat u dit in u hart moet kry, en in u gedagtes, en om met mense daaroor te praat waar u ook al is. Sê vir mense wat Jesus gedoen het en wat Hy kan doen.
In die middel van die diagram is daar ’n boog wat lyk soos ’n reënboog. Hierdie boog oor ons is die versoening, die bedekking, die bloed van Christus. Bokant die versoeningsboog is God en die wyse waarop Hy ons sien. Onder die boog is die mens. Die mens sien ons met sonde, gebreke en mislukkings; maar God kyk deur hierdie bedekking, hierdie versoening van Jesus en sien heiligheid in plaas van sonde omdat Hy reeds met die sonde afgereken het. In plaas van gebreke, sien God onskuld. In plaas van mislukkings, sien Hy ons onberispelik, Hy sien niks waaroor ons bestraf, berispe of tereggewys moet word nie (Kol. 1:22).
As gevolg van sy natuur kan God sonde nie verdra nie. Vanuit sy standpunt moet daar algehele volmaaktheid wees voordat Hy ons kan aanneem. Vanuit ons aardse standpunt soek ons na ’n weg om onsself vry van sonde te maak deur ons self aan ons eie skouerbande te probeer optrek. Maar God het vir my heiligheid in ’n algehele nuwe lig verduidelik.
Heiligheid en die heerlikheid van God is baie eenders. Dit is die uitstraling van sy persoon en sy teenwoordigheid. Afwesigheid van sonde is die resultaat van heiligheid en nie heiligheid self nie. Heiligheid is letterlik die karakter en die natuur van God.
GOD IS HEILIG
God praat van die hoofpad van heiligheid wat reguit afloop na die aarde toe. Deur genade, God se onverdienstelike guns, nader die mens tot God op daardie hoofpad. Jesus was en is God se heiligheid wat uitreik na ons toe en Hy voorsien die weg omdat Hy die weg IS! Ons word deur God aangeneem omdat Jesus heilig is en verder is ons bedek deur geregtigheid sodat GOD ONS SIEN PRESIES SOOS HY JESUS SIEN!
Aan die onderkant van die versoeningsboog sien ons hoe mense mekaar sien. Die mens kyk na mekaar se sondes, gebreke en mislukkings en word aangekla deur sy medemens sowel as deur Satan. God se begeerte vir ons is dat ons hulle rondom ons sal sien soos Hy hulle sien. Om dit reg te kry, het Hy vir ons sy Woord, sy Gees en die bloed van sy Seun, Jesus, gegee!
Net soos God sonde nie kan verdra nie, kan Hy gebreke ook nie verdra nie. Toe ’n lam onder die wet geoffer is, moes die lam nie slegs volmaak wees nie, sonder ’n enkele letsel of gebrek nie, maar die priester wat die offer gebring het, moes ook sonder gebrek wees ten einde as priester te funksioneer; hy kon nie eers een moesie op sy hele liggaam hê nie. God is ’n God van volmaaktheid!
God het baie streng en presiese wette aan Aäron, die hoëpriester gegee oor hoe hy die offer van diere vir die versoening van die sondes van God se verkose volk, die kinders van Israel, moes bring. God het my die Ou Testamentiese Priester gewys soos hy ingegaan het met die offerandes om te offer vir die sondes van die volk sodat hulle van die een jaar tot die volgende gedek kon wees. Voorheen het ek gedink hierdie Skrifgedeeltes beteken dat die priester nou gereed was om in die allerheiligste, agter die voorhangsel, in te gaan, omdat hy al die regte dinge gedoen het voordat hy ingegaan het; dat hy volslae volmaaktheid bereik het deurdat hy elke enkele instruksie van God uitgevoer het. Ek het altyd gevoel dat dit genoegsame voorbereiding was. Maar God het my laat sien dat dit nie ’n volledige begrip was van die doel van hierdie ritueel nie.
Aäron, die hoëpriester en sy navolgers kon net tot op ’n sekere punt in die offerande gaan voordat hulle hul voorbereiding om in die allerheiligste agter die voorhangsel in te gaan, moes voltooi. Dit is so genoem as gevolg van die heiligheid van die binneste vertrek van die tabernakel. Die Ark, bedek met die versoendeksel, is agter die voorhangsel in die allerheiligste gehou. God het gesê: “Ek is Self teenwoordig in die wolk bokant die plek van versoening.” Die een persoon in die hele wêreld van wie gepraat kon word as geheel en al regverdig, as heeltemal gereed en geheel en al voorbereid, kon net die hoëpriester wees.
God het my die toneel laat sien byna soos ’n lewende panorama! Ek het Aäron, die hoëpriester gesien inkom met ’n jong bul wat geslag moes word vir die reiniging van die priester. Die bloed van hierdie kalf moes aan Aäron gesmeer word en op al die artikels in die kamer waarin hy gegaan het gesprinkel word. Maar hy kon nie sy werk in die allerheiligste begin voordat iets anders gebeur het nie!
Hy moes ’n handvol reukwerk van speserye wat tot ’n fyn poeier gestamp is neem. Dit het die slae wat Jesus vir ons moes verduur verteenwoordig. Dan het Aäron ’n paar lewende kole direk van die vuur geneem en in die allerheiligste ingegaan en die reukwerk vinnig op die kole gegooi. Onmiddellik het ’n wolk opgestyg uit die reukwerk en die versoendeksel bo-op die Ark bedek. Aäron is toegedek in die wolk wat lekker geruik en God behaag het. Dan, as God afkyk, sien hy Aäron deur die wolk wat Jesus Christus en sy lyde voorstel. Slegs deur hierdie daad kon Aäron sy eie lewe red.
Aäron se lewe is gespaar deur ’n plaasvervangende offer vir die slag van God se toorn. Sy hoop op aanvaarding het berus in wat die reukwerk voorgestel het, en dit was Jesus! Aäron was bedek omdat die oordeelsvuur die plaasvervanger getref het en Israel is nog ’n jaar grasie gegee.
Jesus, die sondelose Seun van God, het ingegaan as die hoëpriester vir die sondes van die wêreld met geen versoening vir Homself nie. Sy hande was leeg! Hy het geen bedekking gehad nie! God se toorn is van die mens afgewend en Jesus is getref deur die oordeel van God Self.
’n Wolk het opgestyg uit die brandende reukwerk wat Jesus verteenwoordig het en het oor die hele wêreld versprei. Dit het terugbeweeg oor die geskiedenis na die begin van die mens. Dit het vooruitbeweeg van Golgota af tot op daardie groot dag van sy wederkoms! Terwyl dit deur tyd en ruimte gesprei het, het dit mense van alle ouderdomme oordek wat hulle vertroue in die ewige dekking, God se offerande van Jesus, gestel het!
Nadat ek die panorama van hierdie wonderlike waarheid gesien het, het Gabriël vir my gesê dat as ek graag daaroor wou lees, ek dit in Levitikus 16:6, 11—12 sou vind. Toe het hy vir my gesê ek kon lees wat met die volk gebeur het nadat Aäron die offerande gebring het. Die bloed van een van die bokke wat die offer was vir die sondes van die volk, moes agter die voorhangsel geneem word en bo-op die versoendeksel en daarvoor gesprinkel word. Dit het die gebooie wat deur die mens oortree is, wat die mens se sonde was en in die verbondsark gehou is, bedek.
Nadat die ritueel vir versoening voltooi is, is die lewendige bok ingebring. Aäron het albei hande op die kop van die lewende bok gelê en al die sondes van die volk daaroor beiy. Daarna het hy die bok, met al die sondes op hom, in die woestyn ingestuur waar niemand kon leef nie. Hierdie was die sondebok en het al die sondes weggeneem. Nadat God eers die sondes van die volk bedek het, sodat Hy hulle kon aanvaar, het Hy alle bewyse van die sonde geheel en al verwyder.
God wil hê dat ons moet weet dat wanneer Hy ons sondes bedek, Hy nie ’n verotte, smorende hoop sondes onder die bedekking laat nie. Hy bedek dit eers sodat Hy ons kan aanneem, dan neem Hy dit alles weg na ’n plek waar dit nie weer gevind kan word nie. Ons sondes is nie net bedek nie, hulle is ook verwyder so ver as wat die ooste van die weste is.
As gevolg van die offer van Jesus, wat die versoening vir ons sonde was, kan God afkyk op ons en op alles wat in die normale loop van die lewe gebeur en ons sondes is vir Hom bedek. Dit is die wyse waarop Hy in die allerheiligste voorsien het om ons aan te neem waar Hy teenwoordig is in die wolk bokant die versoendeksel.
Toe God hierdie panorama van die versoening, of bedekking voor my laat verbygaan het, het Gabriël vir my ’n boodskap gebring uit die hart van God. Hy het gesê dat ons as Christene geheel en al kan ontspan in die wonderlike wete dat Hy uitstekend sorg vir alles in sy koninkryk en dat gelowiges nie terneergedruk hoef te voel as hulle eers eenmaal hulle posisie in God verstaan nie. Hy het my vertel dat wanneer God afkyk op ons en Hy sien ons geloof in Jesus en in sy offerdaad, sien Hy ons presies net soos Hy Jesus sien. Ons is aangeneem in die bloed en omvou in sy liefde. Hy het my na Efesiërs 1:4—5 verwys en gesê God se plan was dat die mens heilig en onberispelik in sy oë sou wees. “ . . . soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir homself aan te neem deur Jesus Christus . . Halleluja!
God het ons sy Woord en sy Heilige Gees gegee omdat Hy wil hê dat die wêreld ons op dieselfde wyse moet sien as wat Hy ons sien — ons moet soos Jesus lyk!
In Titus 2:1 1 staan daar: “Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn.” Alle mense het nie verlossing aanvaar nie, maar daar is voorsiening vir almal gemaak. Dit het ’n boodskap van regverdigmaking, van sondeloosheid wat opstraal na God toe; maar dit het ook ’n boodskap wat afstraal: “... en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë, regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe (Titus 2:12).
Daarna het Gabriël my daaraan herinner dat ons omdat ons nou geregverdig is, alreeds deur God opgeneem is en daarom is hierdie ander dinge wat ons doen, ons eie pogings en geestelike prestasies, nie met die doel om deur God aanvaar te word nie, maar sodat mense Hom in ons kan sien. “Dit is wat goed en nuttig is vir die mense” (Titus 3:8). Hulle moet Jesus in ons sien, net soos God ons sien, dan word ons in werklikheid ’n verlenging vir die skoonheid van Christus!
Hy het my ‘n verwysing in Kolossense 1:21—22 gegee waar, het hy gesê, God hierdie boodskap wat hy vir my op die diagram oor versoening gewys het in ’n enkele teksvers saamgevat het. “Ook julle wat vroeër vervreemd was en vvandiggesind deur die bose werke, het Hy nou versoen in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik VOOR HOM te stel.” Ek kyk weer na die diagram oor versoening — vanuit God se standpunt. Hierna het God ’n lys gemaak van SY voorwaardes. Kol. 1:13: “As julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die HOOP VAN DIE EVANGELIE (hierdie Goeie Nuus) nie ...”
29 Want die wat Hy *vantevore geken het, dié het Hy ook
*vantevore verordineer om *gelykvormig te wees aan *die beeld van
sy Seun, sodat Hy die *eersgeborene kan wees onder baie broeders;
30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook
*geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook *geregverdig; en
die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook *verheerlik. (Romeine 8:29—30).
Hy sê dat Hy die atmosfeer van die hemel op ons sal laat skyn en vir ons !n klein voorsmakie sal gee van hoe dit daar sal wees. Dit is die rede waarom gelowiges so gelukkig is. Die Here het vir ons letterlik ’n voorsmakie gegee van wat Hy vir ons in gedagte het omdat Hy vir ons sy heerlikheid beloof het!
33 Wie sal beskuldiging inbring teen *die uitverkorenes van God?
*God is dit wat regverdig maak.
34 *Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja,
meer nog, wat ook opgewek is, *wat ook aan die regterhand van God
is, *wat ook vir ons intree.
35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of
benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of
swaard?
36 Soos geskrywe is: *Om U ontwil word ons die hele dag gedood,
ons is gereken as slagskape.
37 Maar in al hierdie dinge *is ons meer as oorwinnaars deur Hom
wat ons liefgehad het. (Romeine 8:33—37).
As gevolg van sy groot liefde, veroordeel God ons nie en sal Hy ook nie. Jesus het in sy eie woorde in Johannes 3:16—17 gesê: “Want so liefhet God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word” (Joh. 3:16, 17).
Baie mense dink dat Jesus gekom het om hulle te veroordeel, maar die waarheid is: “Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie” (Joh. 3:18). Wat God hier sê in die Skrif is dat die mens sy pad byster geraak het en dat hy hulp nodig gehad het. Sy doel met die stuur van Jesus was om vir ons ’n pad te maak terug in die teenwoordigheid van God in en om die wolk van oordeel weg te neem.
Groot engele van die hemel is rondom ons om ons op te pas en om ons te help dat ons nie val nie (kyk Psalm 91:11-12). God het ons nie gered om ons te veroordeel nie, maar om ons lewe te gee. Sy plan is om ons te herstel tot gemeenskap met Hom en ons dan met Hom te verenig. Dit is God se plan! Halleluja!
Omdat ons aan Hom behoort, vloei Jesus se versoenende bloed gedurig om ons te reinig. Ons word nie net deur ons woordelikse belydenis gereinig nie, omdat ons lippe woorde kan sê wat ons nie bedoel nie. Ons ware belydenis kom uit die hart as ons opregte begeerte is om Hom te behaag. God het ons so lief dat Hy wil hê ons moet weet dat ons nie op naalde en spelde in sy Teenwoordigheid hoef te wees nie, gepla deur vrees dat ons in woord en gedagte en daad sal faal nie. As klein dingetjies ons aandag aftrek, ’n humeur sy kop uitsteek of ’n slegte gewoonte insluip en ons vergeet om God se vergifnis daarvoor te vra, kyk Hy na ons harte en na ons bedoelings. Ons is geregverdig onder die nuwe wet as gevolg van wat Jesus gedoen het toe Hy vir ons gesterf het en daardie kosbare bloed hou aan om ons te reinig, solank as wat ons onder die bedekking wat God voorsien wil bly en Hy voorsien ook vir ons riglyne deur sy Heilige Gees wat altyd teenwoordig is om ons onder sy bedekking te hou.
In hierdie dae is die finale boodskap voor die geklank van die basuin wat ons sal oproep, die boodskap van versoening. Dit volg die patroon wat God in sy plan van Verlossing gegee het voordat Hy die aarde gemaak het.
Hy wil vandag hê dat mense ten volle moet begryp dat hulle toegedek is en dat sondaars moet weet wat God vir hulle in gedagte het om hulle te help om na Hom toe te kom en in vrede met Hom te leef.
Selfs as U Hom verwerp en u rug op Hom draai, kan niks u van sy liefde skei nie. Hy het selfs die grootste heiden lief, maar Hy sê ook vir ons in Exodus 34:7 dat al is sy genade en goedertierenheid van geslag tot geslag, sal dit nie die skuldige reinig nie; slegs geloof in Jesus se offer sal dit doen. Hy het mense wat skuldig is en ver van Hom af leef, lief en hulle begin om die warmte van sy liefde te voel. Maar dit alleen sal nie jou kaartjie na die hemel verseker nie. Dit beteken dat God u liefhet en vir u die geleentheid gee om Hom te kies, maar die enigste voorsiening vir skuld is om te aanvaar wat Jesus gedoen het. Ons moet onthou dat God nie slegs ’n God van liefde is nie, maar Hy is ook ’n God van toorn. Soms soek mense na ’n lisensie of ’n verskoning om te sondig, want hulle het nie ’n ware begeerte om weg te draai van die kwaad nie.
Hoewel hulle nog steeds die veiligheid van die bedekking wil hê probeer hulle om dit oor hulleself te trek. God wil hê dat mense moet weet dat al het Hy ’n plek van veiligheid voorsien, daar ook ’n plek is waar die bedekking nie bykom nie.
Die probleme wat gelowiges die meeste veroorsaak, is nie hulle sondes teen God nie, maar die tekortkominge en gesindhede teenoor ander mense in hulle daaglikse lewens. “ . . . Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes . . (Markus 7:20—21).
’n Tekortkoming waarmee volgehou word, word ’n sonde van rebellie teen God en dit is nie deur die bloed bedek nie.
’n Tekortkoming waarmee opgehou word, word gehoorsaamheid aan God se wense en dit word bedek deur die bloed. Ons kan die sonde kies (met die dood) of gehoorsaamheid (met regverdiging) . . . (Romeine 6:16). Moses en Aäron het saam met die kinders van Israel geleef en omdat hulle hulle op ’n aardse vlak gesien het, het hulle al die boosheid in die kamp raakgesien. Maar vanuit God se standpunt bokant die bedekking, het Hy hulle gehoorsaamheid gesien in plaas van hulle sonde.
“’n Mens aanskou geen ongeregtigheid in Jakob en sien geen onheil in Israel nie” (Num. 23:21).
God het vir Bileam gese dat hy na Israel kyk vanuit die standpunt van ’n mens, maar nou wou Hy he dat hy (Bileam) na hulle moes kyk deur die Here se oe. In die 24e hoofstuk van Numeri se Bileam dat hy iets totaal anders sien nou dat sy oe oop is om te sien soos God sien:
3 En hy het sy spreuk aangehef en gesê: *Bíleam, die seun van
Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.
4 Die hoorder van die woorde van God spreek, hy wat die gesigte
van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het.
5 Hoe mooi is jou tente, o Jakob, jou wonings, o Israel!
6 Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek, soos tuine by ’n
rivier, *soos alewees *wat die HERE geplant het, soos seders by die
water. (Numeri 24:3—6).
God skep nie ’n groot besproeiingsisteem sodat Hy die sluise kan ooptrek en ons almal gelyktydig kan natmaak nie, maar Hy sorg liefdevol indiwidueel vir elke mens. Hy wil hê dat ons sterk en gesond in Hom moet groei.
Toe die Here hiervan gepraat het, het ek gesê: “Here, wat van Israel? As U hulle so pragtig bedek gehad het in hierdie tyd, waarom het U hulle weer en weer en weer gestraf tussen daardie jaarlikse offerandes?”
God het vir my verduidelik dat afgodery en rebellie die twee dinge is wat die mens onder die bedekking sal uitneem. Dit is nie dat God die bedekking wegneem nie; dit is ook nie dat God afgaan en daaronder inkyk nie, maar die mens beweeg self daaronder uit. Kyk na die lewe van Israel en u sal vind dat elke keer wanneer God hulle gestraf het, dit was as gevolg van rebellie en afgodediens.
As mense hulle geloof in enigiets anders plaas as in wat Jesus gedoen het, kies hulle vrywillig om onder die beskermende bedekking uit te wees. As hulle so besluit is hulle aan God se oë blootgestel en dan sien Hy hulle sondes, hulle gebreke en hulle mislukkings.
Ons sondes is alles weggewas deur die bloed van die Lam en die enigste wyse waarop God na ons kyk is deur die reinigende bloed van Jesus. En dan sien Hy:
Heiligheid in die plek van sonde.
Onskuld in die plek van skuld.
Onberispelikheid (volmaaktheid) in die plek van mislukkings.
Ons KOM ONDER die bedekking in deur belydenis van ons sondes. Ons BLY ONDER die bedekking deurdat ons begeer om die Here te behaag en deur Hom te gehoorsaam, ook met die gedagtes en bedoelinge van ons harte.
Ons KOM ONDER DIE BEDEKKING UIT deur rebellie en afgodediens.
“MAAR EK EN MY HUIS, ONS SAL DIE HERE DIEN!” (Josua 24:15).