Die prinse en ridders van Europa het met leërs ook na Palestina begin trek. Langs die pad het al hoe meer mense by hulle aangesluit. Hierdie ridders en hulle volgelinge word die kruisvaarders genoem.
Die kruisvaarders het in Mei 1097 in Konstantinopel begin aankom. Konstantinopel was vir hulle die mooiste stad wat hulle nog ooit gesien het.
Maar keiser Alexius was nie so bly oor die aankoms van die kruisvaarders nie, want hy het onthou hoe die arbeiders alles verniel en besteel het. Alexius was bang dat hierdie kruisvaarders die selfde sou doen. Hy het nie daarvoor kans gesien nie, want sommige van hierdie kruisvaarders was boonop ook nog vyande van die ryk van Bisantium.
Om te verhoed dat daar probleme ontstaan, het Alexius toe bevel gegee dat die kruisvaarderleiers almal ‘n eed van getrouheid aan hom moes aflê. Hulle moes ook belowe dat hulle enige grond wat hulle sou verower en wat vroeër aan Bisantium behoort het, weer aan keiser Alexius sou teruggee.
Sommige van die leiers was baie ontevrede oor hierdie eed, maar nogtans het almal die eed afgelê. Maar daar was leiers soos Bohemund van Otranto wat geen plan gehad het om aan die eed getrou te bly nie. Hy het ander slinkse planne in die mou gevoer.
Alexius het aan die kruisvaarders kos en skepe gegee en gidse saamgestuur om hulle deur die vreemde land te lei. Hulle het so teen die somer by hulle bestemming, die Heilige land van Palestina, aangekom.
Aan die begin het dit gelyk of die kruisvaarders die Mohammedane sommer maklik sou verslaan. Hulle het by die pas van Dovylaem ‘n groot oorwinning oor die Mohammedane behaal. Alexius was baie bly hieroor. Hy het toe met sy eie leër die grond wat vroeër aan Bisantium behoort het, terug verower.
Die Christene het hiervandaan suidwaarts begin trek. Kort-kort het klein groepies Mohammedane hulle aangeval, maar hulle het daarin geslaag om tot by die Taurusberg te trek.
Die kruisvaarders het ook ander probleme ondervind. Klein-Asië was baie warm en die ridders van daardie tyd was geklee in swaar yster-harnasse wat hulle laat sweet en moeg gemaak het. Die land was baie droog en die perde se hoewe het soveel stof opgeskop dat die kruisvaarders se oë gebrand en hulle kele droog geword het. Hulle kos en water het min geword, sodat hulle honger en dors moes voortworstel.