WAT KOM DEUR DAAI NAALD? (1)

E J G Norval

IETS OOR DIE SKRYWER

Dr Gustav Norval is ‘n afgetrede patoloog met oa ‘n agtergrond van verskeie navorsingstukke by die Universiteit van Stellenbosch en ander instellings. Saam met ander medici het hulle navorsing ‘n hele aantal velde onder andere patologie, dermatologie, onkologie en mediese tegnologie gedek. Dr Norval het met in diepte navorsing ook talle boeke oor verskillende ander onderwerpe geskryf, met beklemtoning op die geskiedenis van ons volk waarin gebeure onbekend aan die publiek, uitgelig word. Ons plaas met groot waardering mettertyd ook van sy ander onderwerpe met sy toestemming hier op Gelofteland – Red.

Ene Dr. Kalokerinos het in die Int. Vaccine Newsletter (1995) die volgende”): “…the unofficial policy of the WHO and the unofficial policy of the ‘Save the children’s Fund’ is one of murder and genocide. You cannot immunize sick children, malnourished children, and expect to get away with it. You kill far more children than would have died from natural infection. Verder skryf hy: “…at the highest level of the medical cartel, vaccines are a top priority because they cause a weakening of the immune system. The medical cartel, at the highest level is not out to help people, it is out to harm them, to weaken them. To kill them”.  Om kinders te vermoor. Hierdie is ‘n ernstige aantyging teen organisies wat inenting propageer en uitvoer en een wat ons van nader moet ondersoek om te sien wie se pote die inspuitings toedien.

Die gebruik van entstowwe kan baie vêr terugegevoer word toe die shamans (toordokters) van die Braminstam van Indië etter afkomstig van pok-sere gebruik het om lede van hul stam daarmee te ent. Volgens die shamans sou hierdie inenting dan aggressiewe demone en gode kalmeer. In die sestiende eeu het ‘n Jesuïtiese priester byname Xavier na Indië gereis in sy soeke na giwwe wat teen Protestante gebruik kon word. Hy het daarna oor die shaman se etter-inenting aan sy medegelowiges gerapporteer. Dit het die Vatikaan so geïmponeer dat dit in 1717 die Britse monargie by monde van Lady Montague laat ompraat het om inenting as behandelingsmetode teen pokke in te stel (google: “Vaccination: Vatican’s Medical Inquisition Revealed at Last”). Die Britse koning was eerste om sy twee dogters met etter te laat ent en in die begin van die negentiende eeu het ene Jenner (1791-1823) koeipokvirusse gebruik om sy seun en daarna die Britse publiek teen pokke te ent. In 1840 het die Britse parlement inenting verban, maar in 1853 het die regering sy burgers weer wetlik verplig om kinders op 3 maande oud teen pokke te laat ent. Dit het later egter geblyk dat daar ‘n toename in pokke by mense was wat daarteen geënt was. Daarna was die entery weer in 1896 tydelik gestaak. Massachusitts was die eerste staat in die VSA om inenting in 1855 in te stel en in 1911 was inenting vepligtend in die VSA. Soldate wat na die front moes vertrek was sedert 1917 voor die voet almal ingeênt. Nie lank daarna of 675,000 Amerikaanse soldate en nog 21 miljoen ander mense sterf aan ‘n siekte wat waarskynlik op een of ander manier met die soldate se enting verband gehou het en wat as “Spaanse griep” bekend gestaan het.

Die entstofbedryf bring miljarde dollers in vir farmaseutiese konsortiums soos SmithKline Beecham Pharmaceuticals, Wyeth-Ayerst Laboratories, Connaught Laboratories Inc; Lederle-Praxis Biologicals, Merck, Sharp and Dome Inc. en hulle bemark entstowwe tans wêreldwyd met die voorwendsel om virus- en bakteriese siektes te bekamp. Teen 1990 het sommige van die farmafirmas opgehou om entstowwe te vervaardig, aangesien hulle geen winste in arm lande kon maak nie en omrede sommige hulself voorheen vasgeloop het teen eise van pasiënte wat deur een of ander entstof benadeel was.

Die volgende tipes entstowwe kom voor:

  • entstowwe wat vervaardig word van dooie kieme d.w.s. van bakterieë of virusse wat vooraf deur hitte-, bestraling of formalien-behandeling gedood is. Dit is wel so dat dooie kieme nog steeds ‘n persoon se immuunstelsel kan aktiveer, sodat antiliggame teen die kieme gevorm word en die ontvanger word daarna beskou as bestand teen lewendige bakterieë of virusse.
  • entstowwe gemaak van lewendige, maar verswakte kieme wat nie meer siektes kan veroorsaak nie, maar wel kan lei tot die vorming van antiliggame in die ontvanger: entstowwe met verswakte kieme moet versterk word deur die byvoeging van sogenaamde “adjuvante”- naamlik potensieël gevaarlike stowwe soos neomisien, streptomisien, sorbitol, NaCl, natriumhidroksied (NaOH), aluminiumhidroksied (AlOH), gelatien, formalien, timerosal (‘n kwikbevattende stof) ens.
  • Ongeaktiveerde- of verswakte gifstowwe (sogenaamde toksoiëdes) afkomstig van siekteveroorsakende kieme, wat as ‘n teenmiddel ingespuit word.
  • sogenaamde bio-entstowwe (“biovaccines/plantibodies”) .

Entstowwe bevat hoofsaaklik vreemde gene afkomstig van bakterieë of virusse en almal behalwe bio-entstowwe moet op dierweefsel gekweek word, omrede die kieme parasiete is en nie op ander weefsel as mens- of dierweefsel kan aard nie. Die kweekmedia waarop virusse vir die maak van ‘n entstof gekweek word, bestaan uit een van die volgende tipes dierweefsels:

  • aapniere
  • kuiken-embrios
  • kalfserum
  • varkpankreas
  • menslike aborsieweefsel

Ons sal later meer in diepte ingaan oor die teenwoordigheid van diergene wat in entstowwe voorkom.

Bio-entstowwe:

Geneties-veranderde skadelose kieme (bakterieë of virusse) kan gebruik word as draer van bepaalde kiemgene, wat dan in die ontvanger ingespuit word. M.a.w. die kieme waarteen ingeënt word se gene word gekoppel aan ‘n draerkiem se gene. Sedert die vroeë 1990’s word eksperimente uitgevoer om eetbare gewasse geneties te verander om as eetbare entstowwe te dien: gene van skadelike kieme word gekoppel aan groente of vrugte se gene wat dan geëet word. DNA van ‘n siekte-kieme word dus geheg aan gene van natuurlike voedsel soos mielies, sojabone, koring, aartappels, tamaties ens. Die plante wek dan vervolgens antiliggame teen ‘n bepaalde siekte in die verbruiker op. Dit sal volgens die vervaardigers van bio-entstowwe baie goedkoper wees om te maak as entstowwe wat gekweek word op dierweefsel en ook kan baie meer mense bereik word wanneer eetbare entstowwe gekweek word as wanneer elkeen ingespuit moet word.

Deur die entstof-bevatende vrugte en groente te eet, word die liggaam konstant gestimuleer om antiliggame te vorm, wat die liggaam teoreties met ‘n konstante tempo teen siekte-kieme behoort te beskerm. Navorsers in Cambridge Univerisity het in 1996 bakterieë wat algemeen in kaas voorkom, geneties verander deur siekte-kieme se gene aan kaas-bakterieë te heg. Nederlandse navorsers het sekere blomsade gelaai met gene van siekte-kieme: die blomme se stuifmeel bevat dan ook die gene en bye wat die blomme besoek produseer vervolgens heuning wat ook dieselfde gene bevat. Die idee is dat die gene in die heuning antiliggame by die verbruiker moet uitlok as hy/sy die entstof-heuning eet (NS:Junie 1999).    

Navorsers in Texas het weer entstowwe in groente gekweek, maar dan moet die groente rou geëet word, sodat die entstowwe nie deur kook vernietig word nie. Hulle beplan ook om die entstowwe in piesangs te verbou, sodat dit op groot skaal gekweek en deur miljoene mense ingeneem kan word. Die idee met die bio-entstofprogram is dus (volgens die farmafirmas) om soveel as moontlik mense se immuniteit teen ‘n wye verskeidenheid van kieme op ‘n goedkoop wyse te stimuleer slegs deur geneties-veranderde groente en vrugte te eet.

Of ons dit nou wil eet of nie eet nie, big buisiness is daarop uit om geld te maak met kosse vol vreemde gene, wat hulle as “heilsame, voedsame en beskermende voedsel” gaan bemark. En dit sal met groot lof en basuingeklink in die pers opgehemel en gepromoveer word as die oplossing teen al die siektes wat ons deesdae soos die plae van Egipte van ouds tref. Piesangs teen polio, tamaties teen kinkhoes, appels wat jou teen witseerkeel beskerm en pampoen wat jou immuun maak teen masels.   Ons moet besef dat big buisiness met hierdie tegnologie daarop uit is om sy geldkoffers te vul, eerder as wat dit die useless eaters se gesondheidsbelange op die hart dra. Tans is daar ‘n resies tussen biotegnologiese firmas om te kyk wie die eerste kan wees om ‘n VIGS-entstof in gewasse te kan inteel. Dan gaan die dollers eers inrol.

Dit mag wees dat bio-enstowwe menslike immuniteit teen lae koste op groot skaal kan verbeter, maar daar is egter bedenkinge wat hierdie nuwe tegnologie betref. Daar is altyd die kans dat die verwakte- of dooie siekte-kiemgene wat in voedsel geplaas word, kan terugmuteer na die oorspronklike gevaarlike patogene vorms en dan siektes veroorsaak, juis daardie siektes waarteen die bio-entstof gemaak word.   Die hoofmotief agter die bio-entstofbedryf is primêr om ‘n multibiljoen doller industrie daar te stel met goedkeuring van die Food and Drug Administration (FDA) en met die nodige wetgewing om die wondertegnologie in Jan Alleman en Kie. se kele af te dwing.   Natuurlik teen ‘n prys. Maar,… die potensiaal is daar dat mense slagoffers van die wonder-tegnologie kan word. En big buisiness sal net anderpad kyk en hul biljoene dollers tel. Dan is daar ook nog die voordeel wat dit vir populasie-uitdunning inhou.

Vrae oor entstowwe – vervolg…